Die Suid-Afrikaanse nasionale onder-20 sokkerspan, ook bekend as Amajita, is ’n jeugsokkerspan wat Suid-Afrika verteenwoordig en beheer word deur die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, die beheerliggaam vir sokker in Suid-Afrika. Die span se hoofdoelwitte is om te kwalifiseer vir en deel te neem aan die o/20 Afrikabeker (AFCON) en die FIFA o/20 Wêreldbeker. Die span het al aan sewe o/20 Afrikabekertoernooie en drie FIFA o/20 Wêreldbekertoernooie deelgeneem.
Hulle is tans die o/20 Afrika-bekerkampioene nadat hulle Marokko in die eindstryd op 18 Mei 2025 in Kaïro geklop het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokkerspanne in Suid-Afrika