Kenneth Clarke Spearman (9 Januarie 191426 Januarie 1985), op professionele vlak bekend as Kenny Clarke, en ook genoem Klook, was 'n Amerikaanse jazzmusikant en -tromspeler. Hy was 'n innoveerder van bebop ('n subgenre van jazz).
Hy is gebore in Pittsburgh, Pennsilvanië, maar is op die ouderdom van 5 wees gelaat. Hy het die trom begin speel op 8- of 9-jarige leeftyd op aandrang van 'n onderwyser by sy weeshuis. In 1931 het hy op 17-jarige ouderdom op professionele vlak begin speel en in 1935 na New York verhuis toe hy gevestig was as tromspeler. Hier was hy in die vroeë 1940's werksaam as die in-huis tromspeler by Minton's Playhouse. Hy het deelgeneem aan die na-uurse speelsessies wat sou lei tot die geboorte van bebop. Na militêre diens in die VSA en Europa van 1943 tot 1946 het hy teruggekeer na New York; van 1948 tot 1951 was hy grootliks woonagtig in Parys. Hy het van 1951 tot 1956 in New York gewoon en saam met die Modern Jazz Quartet opgetree. Hy het ook deelgeneem van die vroeë opnames van Miles Davis. Hierna het hy op 'n permanente grondslag na Parys verhuis, waar hy opgetree het en opnames gemaak het saam met Europese en besoekende Amerikaanse musikante. Hy was van 1961 tot 1972 mede-leier van die Kenny Clarke/Francy Boland Big Band. Hy het tot kort voor sy afsterwe in Januarie 1985 aan 'n hartaanval voortegaan om opvoerings te gee en opnames te maak.
Vroeë lewe duimnael|Clarke (middel) in Europa met Hans Rossbach (links) en Bud Powell (regs) Clarke is gebore op 9 Januarie 1914 in Pittsburgh, Pennsïlvanië as die jongste van twee seuns, aan Charles Spearman, 'n tromboonspeler van Waycross, Georgia, en Martha Grace Scott, 'n pianis van Pittsburgh. Die gesinshuis was geleë in Wylie Avenue in die Lower Hill District van Pittsburgh. Clarke se vader het later die gesin verlaat om 'n nuwe gesin te begin in Yakima, Washington, en Clark se moeder, wat kort daarna 'n verhouding aangeknoop het met 'n Baptiste-prediker, het in haar laat-twintigs skielik gesterf toe Clarke ongeveer vyf jaar oud was. Hy en sy broer is geplaas in die Coleman Industrial Home for Negro Boys. Hy het in die kinderhuis se marsorkes op die klein trom gespeel, wat hy op sowat agt of negejarige ouderdom op aandrang van 'n onderwyser begin speel het, nadat hy 'n paar koperblaasinstrumente probeer het. Toe hy jonger was het hy ook klavier gespeel, waarop sy moeder hom geleer het om eenvoudige wysies te speel, saam met die harmonium by die plaaslike kerk, waarop hy gesange gespeel en stukke gekomponeer het wat daar bekendgestel is. Op die ouderdom van elf of twaalf het hy en sy broer weer by sy stiefvader begin woon. Sy stiefvader was nie lief vir musiek nie en het neergekyk op diegene wat hul daarmee bemoei het. Clarke het op 15-jarige ouderdom Herron Hill Junior High School verlaat. Ongeveer dieselfde tyd het sy stiefvader vir Clarke en sy broer ná 'n rusie uit sy huis gegooi, en Clarke is sonder sy broer in 'n pleeghuis geplaas, waar hy vir ongeveer 'n jaar, tot sy sestiende verjaardag gewoon het.
Hierna het hy verskeie los werkies verrig terwyl hy sy musiekloopbaan op die been gebring het, en teen die ouderdom van sewentien was hy 'n professionele musikant en deel van die Leroy Bradley Band. Nadat hy saam met die Roy Eldridge-musiekgroep deur Pennsilvanië, Wes-Virginië en Ohio getoer het, het hy teruggekeer na Bradley se orkes wat by die Cotton Club in Cincinnati gespeel het. Hy het vir twee jaar by die groep gebly, wat onderbreek is deur 'n twee maande lange termyn by die Jeter-Pillars Orchestra, wat destyds die trompetspeler Harry Edison en baskitaarspeler Walter Page ingesluit het, en wie voortaan in die Count Basie-orkes sou verskyn. Omstreeks hierdie tyd het hy die vibrafoon begin speel, met die hulp van Adrian Rollini, 'n pionier op die instrument.
Eerbewyse In 1983 is Clarke 'n "NEA Jazz Master" gemaak en in 1988 ingelyf in die DownBeat Jazz-eregalery deur die Critics'-peiling. In 2024 is Clarke ingelyf in die Jazz at Lincoln Center'S Nesuhi Ertegun Jazz-eregalery.
Diskografie As leier of medeleier Special Kenny Clarke 1938–1959 (Jazz Muse) Telefunken Blues (Savoy Records, 1955) Kenny Clarke & Ernie Wilkins (Savoy, 1955) met Ernie Wilkins Bohemia After Dark (Savoy, 1955) Klook's Clique (Savoy, 1956) Jazzmen: Detroit (Savoy, 1956) Plays André Hodeir (Philips, 1956) The Golden 8 (Blue Note Records, 1961) Americans in Europe Vol. 1 (Impulse! Records, 1963) Pieces of Time (Soul Note, 1983) Kenny Clarke / Francy Boland Big Band (1962–1971)
As sideman
Met Nat Adderley That's Nat (Savoy, 1955) Met Gene Ammons All Star Sessions (Prestige Records, 1956) Gene Ammons and Friends at Montreux (Prestige, 1973) Met Elek Bacsik The Electric Guitar of the Eclectic Elek Bacsik (Fontana, 1962) Met Eddie Bert Musician of the Year (Savoy 1955) Encore (Savoy, 1955) Montage (Savoy, 1955) Met Ray Bryant Ray Bryant Trio (Epic, 1956) Met Kenny Burrell Jazzmen Detroit met Kenny Burrell, Tommy Flanagan, Pepper Adams, Paul Chambers (1956; Savoy) Introducing Kenny Burrell (Blue Note, 1956) Met Donald Byrd Byrd's Word (Savoy, 1955) Met Eddie "Lockjaw" Davis en Johnny Griffin Tough Tenors Again 'n' Again (MPS Records, 1970) Met Miles Davis Birth of the Cool (Capitol Records, 1949) Bags' Groove (Prestige, 1957) Walkin (Prestige, 1957) Ascenseur pour l'échafaud (Fontana Records, 1958) Miles Davis and the Modern Jazz Giants (Prestige, 1959)Met Art Farmer Early Art (New Jazz, 1954) When Farmer Met Gryce (Prestige, 1954) met Gigi GryceMet Frank FosterNo 'Count (Savoy, 1956)Met Dizzy Gillespie Dizzy Gillespie and the Double Six of Paris (Philips, 1963) The Giant (America Records, 1973) The Source (America, 1973) The Complete RCA Victor Recordings (Bluebird Records, 1995)Met Dexter GordonOur Man in Paris (Blue Note, 1963) Blues à la Suisse (Prestige, 1973)Met Johnny Griffin Night Lady (Philips, 1964)Met Urbie GreenBlues and Other Shades of Green (ABC-Paramount, 1955)Met Hampton Hawes Playin' in the Yard (Prestige, 1973)Met Noah Howard Red Star (Mercury, 1977)Met Milt Jackson Wizard of the Vibes (Blue Note, 1952) Opus de Jazz (Savoy, 1955) Roll 'Em Bags (Savoy, 1956) Meet Milt Jackson (Savoy, 1956) Ballads & Blues (Atlantic, 1956) The Jazz Skyline (Savoy, 1956)Met J. J. Johnson en Kai Winding Jay and Kai (Columbia, 1957)Met Hank Jones The Trio (Savoy, 1955) Bluebird (Savoy, 1955) Quartet-Quintet (Savoy, 1955) Hank Jones' Quartet (Savoy, 1956)Met Lee Konitz Lee Konitz with Warne Marsh (Atlantic, 1955)Met John Lewis Afternoon in Paris (Atlantic, 1957) met Sacha DistelMet Carmen McRae Carmen McRae (Bethlehem Records 1954)Met Charles Mingus Jazz Composers Workshop (Savoy, 1955)Met die Modern Jazz QuartetModern Jazz Quartet (Prestige, 1952) Django (Prestige, 1956) 1953: An Exceptional Encounter (The Jazz Factory, 2001)Met Thelonious Monk Thelonious Monk Plays the Music of Duke Ellington met Thelonious Monk, Oscar Pettiford (Riverside Records, 1955)Met Jean-Christian Michel Sacred Music (Barclay Records, 1969) JQM (General Records, 1972) Ouverture spatiale (General Records, 1974) Eve des Origines (General, 1976) Port Maria (General, 1977)Met Mark Murphy Midnight Mood (MPS, 1968)Met Phineas Newborn Jnr. Here Is Phineas (Atlantic, 1956)Met Sahib Shihab Summer Dawn (Argo Records, 1964) Seeds (Vogue Schallplatten, 1968) Companionship (Vogue Schallplatten, 1971)Met Zoot Sims Lost Tapes Baden-Baden 1958 (SWR, 2014)Met Idrees Sulieman Bird's Grass (SteepleChase Records, 1985)Met Cal Tjader Cal Tjader: Vibist (Savoy, 1954)Met Julius Watkins Julius Watkins Sextet (Blue Note, 1954)Met Frank Wess North, South, East....Wess (Savoy, 1956) Opus in Swing (Savoy, 1956)Met Joe WilderWilder 'n' Wilder (Savoy, 1956)Met Ernie Wilkins''' Flutes & Reeds (Savoy, 1955) met Frank Wess Top Brass'' (Savoy, 1955)
Aantekeninge
Verwysings
Nog leesstof
Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1985 Kategorie:Amerikaanse musici