Forever is 'n Amerikaanse tienerdrama wat vir televisie verwerk is van die roman Forever… deur Judy Blume. Die reeks het op 8 Mei 2025 op Netflix begin wys en is vir 'n tweede seisoen hernu.

Storielyn Die reeks speel in 2018 in Los Angeles af, waar twee jong atlete mekaar se eerste liefde word. Dit gaan ook oor albei se opdringerige ouers wat druk op hulle kinders uitoefen om met sportbeurse universiteit toe te gaan.

Hoofkarakters

Michael Cooper jr. as Justin Edwards Lovie Simone as Keisha Clark Karen Pittman as Dawn, Justin se ma Wood Harris as Eric, Justin se pa Xosha Roquemore as Shelly, Keisha se ma Barry Shabaka Henley as George, Keisha se oupa Niles Fitch as Darius, Justin se beste vriend Ali Gallo as Chloe, Keisha se beste vrienin

Ontvangs Die reeks het op Rotten Tomatoes 'n goedkeuringsyfer van 96% behaal, gebaseer op 25 resensies. Volgens die webtuiste is dit 'n "moderne verwerking van Judy Blume se roman" en behou dit die insig in jong liefde. "Dit sal die kykers vir altyd laat glimlag." Metacritic het dit 'n telling van 84 uit 100 gegee, gebaseer op 16 resensies, wat dui op 'n "algeheel gunstige" reaksie.

Kristen Baldwin van Entertainment Weekly het die reeks 'n B+ gegee en geskryf: "Terwyl dit al die skoenlappers en verraad van eerste liefde bevat, vertel Forever ook 'n dieper storie oor die uitdagings en hartseer om buitengewone swart kinders in ons angstige moderne era groot te maak."

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse