duimnael|links|300px|Uitsig oor 'n deel van die reservaat.
Die Entabeni-natuurreservaat is geleë in die Entabeni-staatswoud in die Waterberg. Hier is ‘n plantasie en saagmeule vir kommersiële doeleindes, maar ook word die inheemse bos bestudeer en beskerm. Rooipeer, essenhout, witstinkhout, wildekastaiing en waterbessie kom voor. Op die Soutpansberg-voetslaanpad deur die woud kan ook die sku samango-aap en ‘n verskeidenheid groot roofvoëls teengekom word.
Die natuurreservaat van 220 ha is in 1939 geproklameer en in 1985 tot 522 ha vergroot.
‘’Entabeni’’ beteken “op die piek van die berg”.
Bibliografie Van Rensburg, Theuns: Boswese skep nuwe reservate. In: Omgewing RSA. Departement Omgewingsake. Deel 12, nr. 11, November - Desember 1985
Kategorie:Natuurreservate in Limpopo