Die Matiwa-natuurreservaat in die Soutpansberg is die plek in Suid-Afrika wat die hoogste gemiddelde reënval per jaar ontvang, naamlik 2004 millimeter.

Hierdie beskermde gebied in die Vhembe-distriksmunisipaliteit is 179 ha groot en is by nagenoeg 23° suid en 30° 17′ oos. Dit is in 1985 tot reservaat verklaar.

Bibliografie za.geoview.info/matiwa_nature_reserve,345457701n Van Rensburg, Theuns: Boswese skep nuwe reservate. In: Omgewing RSA. Departement Omgewingsake. Deel 12, nr. 11, November - Desember 1985

Kategorie:Natuurreservate in Limpopo