Die Umtiza-natuurreservaat in Oos-Londen beskerm onder meer die bedreigde inheemse boomspesie Umtiza listeriana sowel as wat oorgebly het van die inheemse Umtizabos op die oewer van die Buffelsrivier. Die reservaat vorm deel van die groter Oos-Londen-kusnatuurreservaat.

Hierdie reservaat is by en lê suid van die Buffelsrivier, wes van die middestad, noord van Fort Grey en die Koning Phalo Internasionale Lughawe en noordoos van die Fort Grey-staatsbos.

Reeds in 1985 is 556 ha tot reservaat verklaar en in 2020 is ‘n verdere 1800 ha daar rondom bygevoeg.

So ‘n 30 tot 40 voëlspesies is hier al gesien. Verder kom die samango-aap sowel as bosbokke, duikers en ystervarke hier voor. Verskeie wandelroetes is uitgelê.

Bibliografie sa-venues.com/game-reserves/Umtiza-forest-reserve.php

Kategorie:Natuurreservate in die Oos-Kaap Kategorie:Oos-Londen