Die Nelshoogte-natuurreservaat (ook bekend as die Dr. Hamilton-natuurreservaat) is net wes van Barberton geleë en het ten doel die voortbestaan te verseker van die dwergsilwerblaarsuikerbos (Protea roupelliae, subspesie hamiltonii). Hierdie skaars rankende vorm van die silwersuikerbos kom slegs in klein kolletjies in die Nelshoogte-staatsbos voor.

Dit is in 1972 op nasionale vlak as 'n bosnatuurreservaat aangewys. Dit beslaan 2,79 km2 en word deur die Mpumalanga Toerisme & Parke-agentskap (MTPA) bestuur.

Geskiedenis Op 7 Januarie 1972 het die Departement van Bosbou 'n gedeelte van die Nelshoogte-staatsbos as 'n natuurreservaat verklaar met die naam Nelshoogte-natuurreservaat. Die reservaat in in 1985 tot 26 ha vergroot.

Verwysings

Bronnelys Van Rensburg, Theuns: Boswese skep nuwe reservate. In: Omgewing RSA. Departement Omgewingsake. Deel 12, nr. 11, November - Desember 1985

Kategorie:Natuurreservate in Mpumalanga