Hansestad Greifswald 280px Kaart Wapen 170px|center 65px|center Vlag 75px|center Land 20px Duitsland Deelstaat 20px Mecklenburg-Voorpommere Koördinate Stigting Voor 1248 Stadstatus 14 Mei 1250 Oppervlakte: - Totaal 50,5 vk km Hoogte bo seevlak 5 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2012) 55 771 - Bevolkingsdigtheid 1 104,4/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 Burgemeester Arthur König (CDU) Amptelike Webwerf www.greifswald.de Greifswald (Nederduits: Griepswold) is 'n selfregerende Hanse- en universiteitstad in die Noordoos-Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere met 'n oppervlakte van 50,5 vierkante kilometer en 'n bevolking van 55 771 in 2012 - waarvan sowat 12 000 studente en 5 000 personeellede van die plaaslike universiteit.
Die stadsnaam van Greifswald is afgelei van sy wapendier, die Pommerse gryp of griffioen (Duits: Greif of Gryps). Vandag behoort Greifswald saam met Stralsund tot die twee grootste stede in die landsdeel Voorpommere asook die vier belangrikste stede in Mecklenburg-Voorpommere.
Kategorie:Nedersettings in Mecklenburg-Voorpommere Kategorie:Nedersettings langs die Oossee