Victor Matfield (gebore 11 Mei 1977, Pietersburg) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat tot in 2015 vir die Springbokke, die Bulls (Superrugbyspan) en die (Curriebeker) gespeel het, nadat hy aanvanklik in 2011 eers uitgetree het as speler. Hy het ook voorheen vir die Griekwas en die Cats gespeel. Hy was Suid-Afrika se 52ste Springbokkaptein in twintig toetse. Victor Matfield het in vier wêreldbekers gespeel, in 2003, 2007, 2011 en 2015.

Victor as jongmens Victor is in Pietersburg gebore; sy ouers is Fai en Hettie Matfield en hy het ook 'n suster, Trudie. Beide sy ouers was onderwysers. Hy het in 'n sporthuis grootgeword en het tennis, rugby, gholf en krieket gespeel. Hy was in Laerskool Pietersburg-Noord, waar hy in graad 7 hoofseun was, en het in 1995 aan die Hoërskool Pietersburg gematrikuleer met drie onderskeidings. Hy word in 1993/4 en 1994/5 vir die Verre-Noord provinsiale krieketspan gekies en in 1994/5 vir die rugbyspan.

Sy onder-21-dae duimnael|links|Matfield wen 'n lynstaan teen die Leeus Na matriek aanvaar hy in 1996 'n kontrak van die Blou Bulle en studeer aan die Universiteit van Pretoria. Na sy eerste wedstryd vir Boekenhoutkoshuis se onder-21-span word hy opgeroep om vir Tukkies se onder-21-span uit te draf. In dieselfde jaar word hy vir die Blou Bulle se onder-21-span gekies vir wie hy drie jaar lank speel. In 1997 haal hy die Suid-Afrikaanse onder-21-span en neem deel aan die Suidelike Halfrond onder-21-kampioenskap in Australië. In 1998 speel hy sewe keer vir die Blou Bulle se senior span in die Vodacombeker-reeks. Aan die einde van die seisoen aanvaar hy 'n kontrak by Griekwas en verhuis na Kimberley.

Griekwas Hy verteenwoordig Griekwas in die Vodacombeker-reeks en Curriebeker-reeks in 1999 en maak ook op 21-jarige ouderdom sy buiging vir die Cats (later die Lions) in die Super 12-reeks. In 2000 speel Victor steeds vir die Griekwas in die twee reekse en verteenwoordig weer die Cats in die Super 12. Hy word gekies vir die Suid-Afrikaanse onder-23-span wat aan 'n Afrika-reeks deelneem. Hy voer ook die Griekwas aan in 'n voorwedstryd teen die SA Barbarians-span op Ellispark waar die Springbokke en die All Blacks kragte meet. Aan die einde van 2000 aanvaar hy weereens 'n aanbod van die Blou Bulle en keer terug na Pretoria.

Springbokloopbaan Aan die einde van 2000 word Victor gekies vir die Springboktoergroep na Argentinië en Brittanje. Hy speel egter slegs vir die weekspan. Op 30 Junie 2001 speel hy in sy eerste toets teen Italië. Hy het in al sy toetse op slot gespeel.

Jaar Toetse As kaptein Toetsdrieë Ander hoogtepunte 2001 8 0 1 2002 5 0 2 2003 11 0 1 2004 10 0 1 Drienasiekampioen 2005 11 0 0 2006 9 0 0 2007 13 3 0 Wêreldkampioen 2008 13 7 0 2009 12 0 1 Drienasiekampioen 2010 13 5 1 2011 5 2 0 2014 7 3 0 Terugkeer as kaptein (7 Junie 2014) Totaal 117 20 7 Twee toetse was gelykop en veertig keer was hy aan die verloorkant.

Op 26 November 2011 maak hy sy laaste internasionale rugbyverskyning toe hy die Britse Barbarians aanvoer teen die Wallabies.

Ander hoogtepunte en pryse Hy was deel van die wat die Super 14 in 2007, 2009 en 2010 gewen het.

Hy was ook deel van die Blou Bulspanne wat drie Curriebekers verower het gedurende 2002, 2004 en 2009.

Gedurende 2009 was hy in die Springbokspan wat die reeks teen die Britse en Ierse Leeus gewen het.

Loopbaan na rugbyspeler Matfield is sedert 2012 'n TV-analis en -kommentator vir SuperSport en in 2013 was hy deel van die se afrigtingspan.

Bron Victor: My Reis. De Jong Borchardt. 2011.

Eksterne skakels

Victor Matfield op itsrugby.co.uk

Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Cats rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyafrigters Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Alumni van Hoërskool Pietersburg