Jaque Fourie (gebore in Carletonville, 4 Maart 1983) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Springbokke, Stormers, die Leeus (Super 14) en die Goue Leeus (Curriebeker) gespeel het. Fourie was deel van Suid-Afrika se Rugbywêreldbeker 2003-span en ook van die span wat die Rugbywêreldbeker in 2007 gewen het. Daarna het hy ook tydens die Rugbywêreldbeker 2011 uitgedraf. Op professionele vlak het hy vir die Kobelco Steelers in die Japannese Top League gespeel. Op 27 November 2014 het hy sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.
Loopbaan duimnael|links|Jaque Fourie (middel) in die Rugbywêreldbeker 2007-wedstryd teen Fidji Fourie het sy internasionale debuut op 11 Oktober tydens die Rugbywêreldbeker 2003 as senter vir die Springbokke teen Uruguay op Subiaco Ovaal in Perth gemaak en 'n drie tydens sy debuut gedruk. Hy het tydens die groepfase ook teen Georgië gespeel en nog 'n drie gedruk. Hy was 'n reserwe vir daaropvolgende wêreldbekerwedstryde teen Samoa en Nieu-Seeland.
Hy het volgende in Junie 2004 vir die Springbokke op linkervleuel gespeel teen Ierland wat Suid-Afrika met 26–17 gewen het. Hy het daardie jaar nog drie keer vir die Springbokke uitgedraf: in November teen Engeland op Twickenham en Skotland op Murrayfield, asook in 'n wedstryd teen Argentinië op die Estadio José Amalfitani in Buenos Aires.
Die volgende jaar het hy in die IRB Rugby Hulpwedstryd gespeel en was in Junie 'n reserwespeler vir die Springbokke teen Uruguay en Frankryk, voordat hy in die Springbokspan vir die 2005-Drienasiesreeks ingesluit is. Hy het in daardie November in nog drie toetswedstryde gespeel. In 2006 het hy vir die Springbokke tydens die midjaarrugbytoetsreeks gespeel en daarna het hy die eerste keuse buitesenter in die span geword, gewoonlik saam met Jean de Villiers as binnesenter.
Op 20 Oktober 2007 het hy 'n Rugbywêreldbekerwennersmedalje ingepalm toe Suid-Afrika Engeland met 15–6 in die Rugbywêreldbeker 2007-eindstryd in Parys geklop het.
Nadat hy 'n groot deel van 2008 en die 2009-reeks teen die Britse en Ierse Leeus van die bank af gespeel het, was hy terug in die beginspan vir die 2009-Drienasiesreeks-veldtog wat Suid-Afrika beklink het. Op 5 September 2009 het hy in sy 50ste toetswedstryd vir Suid-Afrika gespeel in 'n 6–21-nederlaag teen Australië in Brisbane.
In Maart 2010 is 'n drie wat Fourie gedruk het aangewys as die Internasionale Rugbyspelersvereniging se Drie van die Jaar 2009. Die drie, wat in die 74ste minuut van die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Pretoria in Junie gedruk is, het aan die Springbokke 'n dramatiese reeksoorwinning besorg.
In Maart 2017 is Fourie aangewys as deel van 'n nuwe Western Force-span wat herbenoem is om in die nuwe Wêreldreeks Rugby te speel in die aanloop tot die Nasionale Rugbykampioenskap.
Internasionale drieë Drie Opponent Stad Stadion Toernooi Datum Uitslag 1 Perth, Australië Subiaco Ovaal Rugbywêreldbeker 11 Oktober 2003 Gewen 2 Sydney, Australië Sydney Voetbalstadion Rugbywêreldbeker 24 Oktober 2003 Gewen 3 Brisbane, Australië Langpark Rugbywêreldbeker 1 November 2003 Gewen 4 Kaapstad, Suid-Afrika Nuweland Toetswedstryd 19 Junie 2004 Gewen 5 Edinburg, Skotland Murrayfield Toetswedstryd 27 November 2004 Gewen 6 Oos-Londen, Suid-Afrika Buffalo City-stadion Toetswedstryd 11 Junie 2005 Gewen 7 Johannesburg, Suid-Afrika Ellispark Mandela Uitdaagplaat 23 Julie 2005 Gewen 8 Dunedin, Nieu-Seeland Carisbrook Drienasiesreeks 27 Augustus 2005 Verloor 9 Buenos Aires, Argentinië José Amalfitani-stadion Test Match 5 November 2005 Gewen 10 Parys, Frankryk Stade de France Toetswedstryd 26 November 2005 Verloor 11 Sydney, Australië Stadium Australia Drienasiesreeks 5 Augustus 2006 Verloor 12 Pretoria, Suid-Afrika Loftus Versfeld Drienasiesreeks 26 Augustus 2006 Verloor 13 Pretoria, Suid-Afrika Loftus Versfeld Drienasiesreeks 26 Augustus 2006 Verloor 14 Kaapstad, Suid-Afrika Nuweland Drienasiesreeks 16 Junie 2007 Gewen 15 Kaapstad, Suid-Afrika Nuweland Toetswedstryd 15 Augustus 2007 Gewen 16 Edinburg, Skotland Murrayfield Toetswedstryd 25 Augustus 2007 Gewen 17 Parys, Frankryk Parc des Princes Rugbywêreldbeker 9 September 2007 Gewen 18 Montpellier, Frankryk Stade de la Mosson Rugbywêreldbeker 30 September 2007 Gewen 19 Montpellier, Frankryk Stade de la Mosson Rugbywêreldbeker 30 September 2007 Gewen 20 Marseille, Frankryk Stade Vélodrome Rugbywêreldbeker 7 Oktober 2007 Gewen 21 Cardiff, Wallis Millennium Toetswedstryd 24 November 2007 Gewen 22 Cardiff, Wallis Millennium Toetswedstryd 24 November 2007 Gewen 23 Edinburg, Skotland Murrayfield Toetswedstryd 15 November 2008 Gewen 24 Londen, Engeland Twickenham Toetswedstryd 22 November 2008 Gewen 25 Pretoria, Suid-Afrika Loftus Versfeld Britse en Ierse Leeus-toer 27 Junie 2009 Gewen 26 Bloemfontein, Suid-Afrika Vrystaatstadion Drienasiesreeks 25 Julie 2009 Gewen 27 Perth, Australië Subiaco Ovaal Drienasiesreeks 29 Augustus 2009 Gewen 28 Udine, Italië Stadio Friuli Toetswedstryd 21 November 2009 Gewen 29 Brisbane, Australië Langpark Drienasiesreeks 24 Julie 2010 Verloor 30 Bloemfontein, Suid-Afrika Vrystaatstadion Drienasiesreeks 4 September 2010 Verloor 31 Wellington, Nieu-Seeland Westpacstadion Rugbywêreldbeker 17 September 2011 Gewen 32 North Shore City, Nieu-Seeland North Harbour-stadion Rugbywêreldbeker 22 September 2011 Gewen
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cats rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners