Daniël Johannes Taljaard is 'n Suid-Afrikaanse komponis van klassieke musiek. Hy is gebore op 13 Maart 1971 in Siloam, Venda, Suid-Afrika.
Taljaard se komposisies is al in Suid-Afrika en Europa uitgevoer en hy het die eerste prys gewen in die Flores Iuventutis kompetisie in Ghent, België in 1994/95. Hy is op die oomblik 'n senior lektor in komposisie en is die plaaslike komponis by die Skool vir Musiek en Konservatorium by die Noordwes-Universiteit (voorheen PU vir CHO) in Potchefstroom, Suid-Afrika. Taljaard het meesterklasse by die Amerikaanse komponis George Crumb gekry asook privaatlesse van die Belgiese komponis Wim Hendrickx in Antwerpen van 1996 tot 2000. Hy het ook die Darmstadt New Music Summer School bygewoon. Hy is redakteur van die akademiese publikasie The South African Music Teacher.
Sy komposisies word beïnvloed deur Afrikaanse en Arabiese musiek.
Orkeswerke Sarabande (1996) (Viool en simfonie-orkes)
Kamermusiek Komas, 'n Koker en drie Spieëls (1992) (klarinet, basviool(violonsel)/fagot, klavier) Impromptu (1993) (tjello solo) Nacht und Träume (1993) (klarinet, klavier) Metaphor I (1996-1998) (enige gemengde ensemble met tien kunstenaars en dirigent/komponis) Introverz (1996-1997) (tjello solo) Movement for String Quartet (1998) Les Sarabandes (1999-2001) (klavier trio) vir die Erasmus Trio Lullaby (2000-2001) (fagot en vibrafoon) vir Andrea Bressan en Saverio Tasca Sloka (1999-2001) (fagot solo)
Klavierwerke Fünf zärtliche Bagatellen Fünf zärtliche Bagatellen (1993) (solo) Drie Nokturnes 1998 vir Bart se konsert in Lier (solo) vir Bart Meuris Two Lullabies (2001) (solo) En Rêve – Rêvant (2003) (twee klaviere)
Koorwerke Nova Cantica Sacra (1987-1898) SATB, SSAATTBB, SMATbB, sommige met soliste Meditation I (1998) SSSS, AAAA, TTTT, BBBB Uittelrympies (1999) vir kinderkoor met viool, fluit, tjello en klavier Raaiselrympies en snelsêers (1999) SSATbB (soli) Thula Sthandwa (2001) SMMA Rymelary (1999-2001) SSATbB Thula Sthandwa (2002) SMATbB
Solo stemwerke Song for Simeon (1993-1994) (Bariton, klarinet, fagot, eerste en tweede viool, tjello, klavier). Gedig deur Thomas Stearns Elliot Drei Gebete (1994-1995) (Bariton, 2 tjellos). Uit die Luteraanse Gebedeboek Wiegieliedjies (Boek 1) (1999) (Sopraan, klarinet, fagot, klavier) vir Erica Eloff. Tradisionele tekste. Wiegieliedjies (Boek 2) (1999-2001) (Sopraan, 2 fluite, 2 klarinette, fagot, viool, tjello, harp, klavierduet) vir Erica Eloff. Tradisionele tekste. Easter Hymn – STABAT MATER (2002) (Sopraan, klarinet, fagot, klavier) vir Erica Eloff. 'n Engelse teks deur Hannes Taljaard. In die Latyn vertaal deur Willemien Viljoen en Hannes Taljaard.
Verwysings
Eksterne skakels African Composers New Music South Africa
Kategorie:Suid-Afrikaanse komponiste Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense