LüneburgLümborg 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land 20px Duitsland Deelstaat 20px Nedersakse Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 13 Augustus 956 Stadstatus 1189 Oppervlakte:    - Totaal 70,38 vk km  Hoogte bo seevlak 17 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2013) 71 668  - Bevolkingsdigtheid 1 018/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Ulrich Mädge (SPD) Amptelike Webwerf hansestadt​lueneburg.de

Die Universiteits- en Hansestad Lüneburg (Nederduits: Lümborg) is 'n stad in die Duitse deelstaat Nedersakse en in die distrik Lüneburg, 45 km suidoos van die Hansestad Hamburg geleë. Die stad het 'n bevolking van sowat 72 000.

Lüneburg het 'n oppervlakte van 70,38 vierkante kilometer en is aan die benedeloop van die Ilmenaurivier geleë.

Stadswyke Die stadsgebied bestaan uit 17 stadswyke: Altstadt, Bockelsberg, Ebensberg, Goseburg-Zeltberg, Häcklingen, Kaltenmoor, Kreideberg, Lüne-Moorfeld, Mittelfeld, Neu Hagen, Ochtmissen, Oedeme, Rettmer, Rotes Feld, Schützenplatz, Weststadt en Wilschenbruch.

Vervoer Openbare vervoer Sedert Desember 2004 maak die stad en distrik Lüneburg deel uit van Hamburg se openbare vervoerstelsel. Lüneburg se hoofstasie is tussen Hamburg en Hannover geleë en word deur treine van die staatsonderneming Deutsche Bahn asook die privaat spoorwegmaatskappy Metronom Eisenbahngesellschaft bedien. Die reistyd van Lüneburg na Hamburg is sowat 'n halfuur. Behalwe vir streekstreine word Lüneburg ook deur langafstandtreine soos Intercity- en Intercity-Express-treine (ICE) met ander stede verbind. In die stadsgebied verbind 'n buslynstelsel die buitwyke met die middestad. Die busnetwerk met elf lyne word deur die stedelike vervoermaatskappy KVG Lüneburg bedien.

Paaie Lüneburg se langste straat is die Dahlenburger Landstraße wat langs die spoorwegstasie loop. Lüneburg is daarnaas aan die snelweg A 39 geleë en word deur die B 209 en B 216 met die nasionale padnetwerk verbind.

Sien ook Lüneberg

Eksterne skakels

Lüneburg se amptelike webtuiste Historiese foto's, 1912 (Kolleksie M. van der Veer) Openbare Vervoermaatskappy KVG Lüneburg

Kategorie:Nedersettings in Nedersakse