duimnael|Vercetti Regular Vercetti Regular, ook bekend as Vercetti, is 'n sans-serif-lettertipe. Dit kan gebruik word vir kommersiële en persoonlike projekte. Dit is in 2022 beskikbaar gestel onder die lisensie Licence Amicale, wat mense toelaat om lêers wat dié lettertipe bevat met vriende en kollegas te deel.
Vercetti is 'n rekenaar-lettertipe wat gratis versprei word (as vryware), ontwerp deur die Griekse grafiese ontwerper Filippos Fragkogiannis in samewerking met die lettertipe-ontwerper Richard Mandona.
Vercetti Regular is geïnspireer deur humanistiese en geometriese ontwerp-elemente. Tydens die skepping van Vercetti het die ontwerpers beginsels gebruik van ’n vroeëre oopbron-lettertipe genaamd MgOpen Moderna.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Licence Amicale Fonts In Use (Vercetti)
Kategorie:Tipografie