'n Kapo (uit Duits) was een van die gevangenes in 'n Nazi-kamp wat deur die SS-wagte aangewys is om toesig oor gedwonge arbeid te hou of administratiewe take uit te voer.
Ná die Tweede Wêreldoorlog is die term weer gebruik as 'n belediging; volgens The Jewish Chronicle is dit "die ergste belediging wat een Jood aan 'n ander Jood kan gee".; ; ;
Etimologie Die woord "kapo" is dalk afkomstig van die Italiaanse woord vir "hoof" en "baas", capo. Dit kan ook afgelei wees van die Franse woord vir "korporaal" (caporal).Yizhak Ahren, "Überlebt weil schuldig - schuldig weil überlebt" Resensie van boek oor Joodse kapo's. Leo Baeck-boekwinkel, amptelike webtuiste. Besoek op 8 Mei 2010 (in Duits) (Vertaal van: ) Die joernalis Robert D. McFadden glo die woord is afkomstig van die Duitse woord Lagercapo, wat "kampkaptein" beteken.
Betekenis Die Duitse historikus Karin Orth skryf daar was min maatreëls so verraderlik as die SS se poging om die implementering van terreur en geweld aan die slagoffers self te delegeer. Eugen Kogon, 'n verklaarde teenstander van Nazisme uit die vooroorlogse Duitsland en 'n oorlewende van die Buchenwald-konsentrasiekamp, het ná die oorlog geskryf die konsentrasiekampstelsel se stabiliteit was in geen klein mate aan die kapo's te danke nie – hulle het die daaglikse bedrywighede van die kampe oorgeneem en die SS-personeel se laste ligter gemaak. Die absolute mag was alomteenwoordig. Die stelsel van dissipline en toesig sou volgens Kogon dadelik in duie gestort het sonder die delegasie van mag. Die mededinging om die verskillende take was vir die SS 'n geleentheid om gevangenes teen mekaar af te speel. Die gewone gevangenes was oorgelaat aan die genade van 'n dubbele gesag: die SS, wat dikwels amper nooit in die kamp was nie, en die kapo's, wat altyd daar was.
Die term "kapo" word in die 21ste eeu as 'n belediging gebruik, veral vir Jode wat Israel of Zionisme nie genoeg ondersteun nie. In 2017 het David Friedman, wat kort daarna die Amerikaanse ambassadeur in Israel geword het, verskoning gevra vir die verwysing na ondersteuners van die Zionistiese voorspraakorganisasie J Street as "veel erger as kapo's".
Terwyl daar 'n gewilde siening is dat dat alle kapo's Jode was, is dit nie die geval nie. Kapo's was van al die verskillende nasionaliteite wat in die konsentrasiekampe voorgekom het.Avishay Artsy, The Moral “Grey Zone” of Nazi Collaboration, May 22, 2022USC Shoah Foundation Thesaurus (Abridged), p. 146
Verwysings
Skakels
Kategorie:Nazi-konsentrasiekampe