Iwan die Verskriklike (gebore in 1911) is die bynaam wat gegee is aan 'n berugte wag by die Treblinka-verdelgingskamp tydens die Holocaust. Die bynaam verwys na Iwan IV, ook bekend as Iwan die Verskriklike, die berugte tsaar van Rusland. "Iwan die Verskriklike" het internasionale erkenning verwerf in die 1986-saak van die Oekraïens-Amerikaanse John Demjanjuk. Teen 1944 is 'n wrede wag genaamd Iwan, wat sy pligte en uiterste gewelddadige gedrag met 'n wag genaamd Nicholas gedeel het, in oorlewingsgeskrifte (soos Rok w Treblince deur Jankiel Wiernik, wat in 1945 in Engels vertaal is as A Year in Treblinka) genoem.

Demjanjuk is aanvanklik daarvan aangekla dat hy Iwan die Verskriklike by Treblinka was. Hy is skuldig bevind aan oorlogsmisdade en tot die galg gevonnis. Latere getuienis is later bekend gemaak wat Iwan identifiseer as ene Ivan Marchenko, en Demjanjuk is in 1993 vrygespreek vanweë redelike twyfel. Ivan Marchenko het in 1945 verdwyn en sy lot is onbekend.

Pligte Hoewel daar ander wagte was wat as Iwan by Treblinka bekend gestaan het,Unsolved History: Investigating Mysteries of the Past by Joe Nickell, The University Press of Kentucky, 2005, . p. 38 is Iwan die Verskriklike ook na verwys as Oekraïens. Sy funksie in die kamp was om die twee tenkwaens te bedryf wat die gaskamers van gas voorsien het.Bill Ong Hing, Defining America: Through Immigration Policy, Temple University Press, 2003, . p. 223

Die Holocaust-oorlewende Chil Rajchman het getuienis gelewer dat Iwan ongeveer 25 jaar oud was toe hy in die kamp gewerk het. Hy was ook bekend vir sy uiterse wreedheid. Iwan die Verskriklike het dikwels die ore van werkers afgesny terwyl hulle verbygeloop het, en hulle is dan gedwing om aan te hou werk terwyl hulle gebloei het. Kort daarna het hy hulle doodgemaak. Hy het slagoffers met pype, 'n swaard en swepe gemartel voordat hulle die gaskamers binnegegaan het.

Identiteit Die ware identiteit van die wag wat as Iwan die Verskriklike bekend gestaan het, is nie definitief bepaal nie. In die 1970's en '80's is John Demjanjuk, 'n afgetrede voorstedelike motorwerktuigkundige van Oekraïense afkoms wat in Cleveland gewerk het, daarvan beskuldig dat hy Iwan was. Hy is in 1988 in Israel verhoor en ter dood veroordeel.In memory of John Demjanjuk, Kyiv Post (21 Maart 2012)

Op 29 Julie 1993 het die Israeliese Hooggeregshof die uitspraak omgekeer. Die uitspraak was gebaseer op nuwe bewyse, die geskrewe verklarings van verskeie voormalige wagte by Treblinka wat Iwan die Verskriklike as 'n ander man genaamd Ivan Marchenko (miskien Marshenko, of Marczenko) geïdentifiseer het.Nickel, Joe (2010). Unsolved History: Investigating Mysteries of the Past. University of Kentucky Press. Ch. 4 Een dokument het Iwan beskryf as 'n man met bruin hare, neutbruin oë, 'n vierkantige gesig en 'n groot litteken wat tot by sy nek gestrek het; Demjanjuk was donkerblond met grys oë, 'n ronde gesig en het geen sodanige litteken gehad nie.Deseret News, news article dated 9 March 1992. 'Ivan' Fled to Yugoslavia, Demjanjuk Defense Says; besoek op 5 Julie 2012

Volgens een getuie is Marchenko in 1944 laas in Joego-Slawië gesien. Volgens die getuienis van Nikolai Sjelajef, 'n Russiese Treblinka-gaskamerbediener, het hy en Marchenko saam met twee Duitsers en twee Jode die enjin bedryf wat die uitlaatgas geproduseer het wat in die gaskamers gevoer is.Court Proceedings Extracts & Interrogations. Former Trawniki SS and Ukrainian Civilians serving in the Treblinka Death Camp. Holocaust Education & Archive Research Team. Sjelajef en Marchenko is in Julie 1943 van Treblinka na Triëst oorgeplaas, waar Marchenko Duitse pakhuise en 'n plaaslike tronk bewaak het.

In 1944, toe die Geallieerde magte Triëst nader, het Marchenko en 'n bestuurder genaamd Gregory "in 'n gepantserde motor na die partisane in Joego-Slawië gevlug." Sjelajef het Marchenko in 1945 laas gesien. Die Sowjet-owerhede het tot in 1962 nog na hom gesoek.Draaisma, Douwe (2012). Why Life Speeds Up As You Get Older: How Memory Shapes Our Past, Cambridge University Press. p. 129 Die Sowjet-dokumente het genoeg redelike twyfel geskep om Demjanjuk te diskwalifiseer.Hedges, Chris. Artikel in New York Times gedateer 30 Julie 1993. Acquittal in Jerusalem; Israel Court Sets Demjanjuk Free, But He Is Now Without a Country. Besoek op 4 Julie 2012.

Demjanjuk is later aan Duitsland uitgelewer op aanklagte dat hy 'n wag by die Sobibor-uitdelgingskamp was. Tydens die hofsaak het die probleem van identiteit weer 'n sleutelfaktor geword. Demjanjuk het beweer dat hy nie die Ivan Demjanjuk was wat na bewering 'n wag by Sobibor was nie, en dat die identiteitskaart waarop die vervolging sy saak gebaseer het, 'n Sowjetse KGB-vervalsing is.The Local. "Demjanjuk's SS identity card was forged, his lawyer says." Nuusartikel gedateer 13 April 2012. Op 12 Mei 2011 is Demjanjuk deur 'n Duitse strafhof gevonnis op aanklag dat hy 'n wag by Sobibor was. Demjanjuk is in Maart 2012 dood. Hy is daarna "vermoedelik onskuldig" verklaar en van enige aanklagte vrygespreek.Convicted Nazi criminal Demjanjuk deemed innocent in Germany over technicality , by Haaretz.com, besoek op 23 Maart 2012

Verwysings

Skakels

Kategorie:Oorlogsmisdadigers