The Gardener (Spaans: El jardinero) is 'n Spaanse romantiese riller vir televisie wat deur Miguel Sáez Carral|es vir Netflix geskep is. Die akteurs is onder andere Álvaro Rico, Catalina Sopelana en Cecilia Suárez.

Storielyn La China Jurado en haar emosioneel gestremde seun, Elmer, gebruik hulle kwekery as 'n dekmantel vir hulle kontrakmoorde. Elmer raak verlief op een van hulle teikens, die onderwyseres Violeta, en stel die familie se besigheid in gevaar.

Hoofakteurs Álvaro Rico as Elmer Jurado, 'n tuinier en botanis met 'n onvermoë om gevoelens te verwerk ná 'n motorongeluk as kind. Hy bedryf 'n kontrakmoordoperasie saam met sy ma. Cecilia Suárez as La China Jurado, Elmer se ma en die doeltreffende brein agter hulle besigheid. Catalina Sopelana as Violeta Alvarez, 'n onderwyseres wat 'n teiken vir moord is as gevolg van Sabela Costeira. Emma Suárez as Sabela Costeira, 'n vrou wat glo Violeta is verantwoordelik vir die dood van haar seun, Xoan, en die Jurado's huur om haar te vermoor. Francis Lorenzo as Torres, 'n polisieman wat plaaslike moorde saam met Carrera ondersoek. María Vázquez as Carrera, 'n polisievrou wat moorde saam met Torres ondersoek.

Uitreiking Die reeks is op 11 April 2025 op Netflix uitgereik.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Spaanse televisiereekse