Metalasia plicata is 'n halfstruik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Houwhoek tot by Bredasdorp en Heidelberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 5 702 km² en daar is ses, klein gefragmenteerde bevolkings oor nadat die spesie 87% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan het. Die oorblywende plante word bedreig deur indringerplante en oorbeweiding. Die plant is deel van die fynbos en renosterveld.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

plicata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika