Kort psigoterapie (ook kort terapie, beplande korttermyn terapie) is 'n sambreelterm vir 'n verskeidenheid benaderings tot korttermyn, oplossingsgerigte psigoterapie.

Oorsig Kort terapie verskil van ander denkskole van terapie deurdat dit (1) fokus op 'n spesifieke probleem en (2) direkte intervensie beklemtoon. In kort terapie neem die terapeut verantwoordelikheid om meer pro-aktief met die kliënt te werk om sodoende kliniese en subjektiewe toestande vinniger te behandel. Dit beklemtoon ook presiese waarneming, die benutting van natuurlike hulpbronne, en 'n tydelike opskorting van skepticisme om sodoende nuwe perspektiewe en meervoudige standpunte te kan oorweeg.

Eerder as die formele ontleding van historiese oorsake van probleme, is die primêre benadering van kort terapie om die kliënt te help om die hede vanuit 'n wyer konteks te beskou en om meer funksionele begrippe (nie noodwendig op 'n bewuste vlak nie) te gebruik. Deur bewus te word van hierdie nuwe begrip, sal suksesvolle kliënte de facto spontane en generatiewe verandering ondergaan.

Kort terapie is dikwels hoogs strategies, ondersoekend en oplossingsgebaseerd, eerder as probleemgeoriënteerd. Dit is minder gefokus oor die wyses waarop 'n probleem ontstaan het as met die huidige faktore wat dit onderhou en sodoende verandering voorkom. Kortterapeute hou nie by een "korrekte" benadering nie, maar aanvaar eerder dat daar baie roetes is, en dat enige van dit moontlik, of in kombinasie, uiteindelik voordelig kan wees.

Stigtersvoorstanders duimnael|Young Milton H. Erickson Milton Erickson was 'n praktisyn van kort terapie, wat kliniese hipnose as sy primêre hulpmiddel gebruik het. Hy het dit self tot 'n groot mate ontwikkel. Sy benadering is gewild gemaak deur Jay Haley, in die boek Uncommon therapy: The psychiatric techniques of Milton Erickson MDHaley, Jay. Uncommon Therapy; the Psychiatric Techniques of Milton H. Erickson, M.D. New York: Norton, 1973. 24.

Richard Bandler, die medestigter van neuro-linguistiese programmering, is nog 'n ferm voorstander van kort terapie. Na baie jare van bestudering van Erickson se terapeutiese werk, het hy geskryf:

Bekende terapeute Nicholas Cummings (kort terapie, gefokusde terapie) Milton H. Erickson ( hipnoterapie, strategiese terapie, kort terapie) Giorgio Nardone (kort terapie, strategiese terapie) Steve de Shazer (oplossingsgerigte kort terapie ) Paul Watzlawick (Kort terapie, sisteemteorie)

Sien ook Lys van beradingsonderwerpe Geestesnavorsingsinstituuteen van die stigtersklinieke van kort terapie en die tuiste van 'n aantal van die noemenswaardige terapeute hierbo genoem Oplossingsgerigte kort terapie

Verwysings

Eksterne skakels Brief+Psychotherapy by die U.S. National Library of Medicine Medical Subject Headings (MeSH)

Kategorie:Sielkunde Kategorie:Sielkundige konsepte Kategorie:Sielkundige teorieë Kategorie:Sielkundiges Kategorie:Geesteswetenskappe