Bettisia Gozzadini ook bekend as Bitisia, Biltisia, en Beatrix (1209 - 2 November 1261), was 'n Bolognese regsgeleerde wat vanaf ongeveer 1239 lesings aan die Universiteit van Bologna aangebied het. Sy is vermoedelik die eerste vrou wat aan 'n universiteit klas gegee het.

Lewe Gozzadini is in 1209 in Bologna in Noord-Italië gebore; haar ouers, Amadore Gozzadini en Adelasia de' Pegolotti, was van die adelstand. Gozzadini studeer aanvanklik filosofie, en daarna regte onder Giacomo Baldavino en Tancred van Bologna aan die Studium van Bologna, waar sy ook aanmoediging van Odofredo ontvang het. As jong vrou het sy soos 'n man aangetrek; dit is nie bekend of dit weens sosiale druk of uit persoonlike keuse was nie.

Sy studeer aan die universiteit in 1237, en het vir twee jaar regte by haar huis aangebied. Sy is 'n leerstoel by die Studium aangebied, wat sy eers van die hand gewys het, maar later aanvaar het. Volgens legende moes sy 'n sluier dra wanneer sy onderrig gee, om te voorkom dat sy haar studente se aandag aflei; dieselfde legende word egter ook aan Novella d'Andrea toegeskryf, en dit is nie bekend aan wie – indien enigsins – dit toegedig kan word nie.Trailblazers of Academia: the women who changed the landscape

Gozzadini was 'n bekende redenaar, en op 31 Mei 1242 het sy die rede gehou by die begrafnis van die biskop van Bologna, Enrico della Fratta.Bettisia Gozzadini facts for kids

Gozzadini is op 2 November 1261 saam met twee ander vroue en vier studente oorlede toe die vloed van die Idice die ineenstorting van die huis veroorsaak het waar hulle skuiling geneem het nadat hulle uit haar villa op die rivier tussen Mezzolara en Riccardina gevlug het. Dit is nou nou in Budrio, oos van Bologna. Daar was algemene rou in die stad met haar afsterwe en die skole is gesluit. Haar begrafnis is by die kerk van die Padri Serviti gehou.Uncovering the Legend of Bettisia Gozzadini, Europe’s First Female Legal Scholar

Ontvangs Gozzadini is vermoedelik die eerste vrou wat aan 'n universiteit klas gegee het. Haar latere roem as 'n prokureur kon moontlik aan 'n historiese verdediging van die vroulike doktorsgraad geskryf deur Alessandro Macchiavelli in die 18de eeu toegeskryf gewees het. Macchiavelli was bekend daarvoor dat hy die leemtes van sy kennis aanvul deur stories oor sy onderwerpe te vervaardig. duimnael|Terracotta borsbeeld van Bettisia Gozzadini|links 'n Terracotta borsbeeld van haar, een van 'n reeks van twaalf voorstellings van noemenswaardige Bolognese vroue deur die onbenoemde "Scultore di Casa Fibbia", dateer uit die laat 17de eeu. Dit was oorspronklik in die Salone d'Onore van Palazzo Fibbia Fabbri – nou Palazzo Masetti Calzolari – en is nou in die Museo della Storia di Bologna in Palazzo Pepoli. Gozzadini is die vroegste van die twaalf vroue wat uitgebeeld word.Ritratto di Bettisia Gozzadini

Haar geskrifte, oor die Digest en oor die lex omnes populi, word as verlore beskou.Were women permitted to attend universities during the medieval period in England, specifically during the Anglo-Saxon era?

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1209 Kategorie:Sterftes in 1261