Die neusaap (Nasalis larvatus) is 'n boomwonende ouwêreldse aap met 'n buitengewoon groot neus (of proboskus), 'n rooibruin velkleur en 'n lang stert. Dit is endemies aan die Suidoos-Asiatiese eiland Borneo en word meestal in wortelboomwoude en aan die kusgebiede van die eiland aangetref.
Hierdie spesie is verwant aan die orangoetang van Borneo en ape soos die silweragtige lutung. Dit hoort in die monotipiese genus Nasalis. Verwysings
Kategorie:Primate