duimnael|Tenley Albright in Tokio 29 April1953 Tenley Emma Albright (gebore 18 Julie 1935) is 'n Amerikaanse voormalige ysskaatser en chirurg. Sy is die 1956 Olimpiese kampioen, die 1952 Olimpiese silwermedaljewenner, die 1953 en 1955 Wêreldkampioen, die 1953 en 1955 Noord-Amerikaanse kampioen, en die 1952–1956 Amerikaanse nasionale kampioen. Albright is ook 'n gegradueerde van die Harvard Mediese Skool. In 2015 is sy opgeneem in die National Women's Hall of Fame.
Vroeë lewe Albright is in Newton, Massachusetts, gebore.Tenley Albright Haar pa Hollis was 'n prominente chirurg en haar ma Elin was 'n kunstenaar. Sy het 'n jonger broer, Nile.Tenley E. Albright MD
Loopbaan
Yskaats Sy het op die ouderdom van 8 begin ysskaats, op 'n tuisgemaakte skaatsbaan in die agterplaas van haar gesinshuis.
In 1946 het Albright polio opgedoen, wat as pre-paralities beskou is.Harris, Betsy (January 24, 1982). "'50s figures star Tenley Albright still is a winner". The Indianapolis Star. p. 92. Retrieved February 21, 2025. Soos ysskaatshistorikus James R. Hines dit gestel het: "Skaats het uiters nodige fisiese terapie verskaf."Hines, James R. (2011). Historical Dictionary of Figure Skating. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 978-0-8108-6859-5. Retrieved July 19, 2024. Aangesien haar siekte haar spiere “swak en verdroog” gelaat het, het sy as deel van haar rehabilitasie by die Skaatsklub van Boston begin oefen. Sy het haar rehabilitasie “opwindend” gevind. Sy sou later sê: "Het jy ooit opgelet hoeveel atlete van my ouderdom eens polio gehad het? Ek dink dit is omdat verlamming jou bewus maak van jou spiere en dan jy wil dit nooit weer ongebruik laat nie."
Albright het twee afrigters in haar loopbaan gehad: Willie Frick en Maribel Vinson.Fox, Jim (February 17, 1988). "Tenley Albright carved U.S. figure skating trail". The Republican. p. 52. Retrieved February 21, 2025. Sy het die silwermedalje by die Olimpiese Spele in 1952 gewen. Sy het haar eerste Wêreldtitel in 1953 gewen, silwer in 1954, 'n tweede goue medalje in 1955, en haar vierde medalje, nog 'n silwer, in 1956. Sy was die eerste Amerikaanse vroulike ysskaatser wat 'n wêreldtitel gewen het.Tenley Albright In 1955 het sy trippel oorwinnings aangeteken: sy het daardie jaar die Amerikaanse, Noord-Amerikaanse en Wêreldkampioenskappe gewen. Sy het dit reggekry, terwyl sy as 'n voltydse voorgraadse mediese student by Radcliffe College ingeskryf was.
Albright het die Nasionale Nuwelingskampioenskappe in die VSA op die ouderdom van 13 jaar gewen en die VSA Junior Kampieonskappe op die ouderdom van 14 jaar. Daarna het sy toe vyf agtereenvolgende nasionale titels gewen vanaf die ouderdom van 16 jaar.Tenley Albright Biographical information In 1956, terwyl Albright vir die Olimpiese Spele geoefen het, het sy weens 'n groef in die ys geval en haar regterenkelgewrig tot op die been met haar linkerskaats gesny. Die sny is deur haar pa, 'n chirurg, gestik. By die Olimpiese Winterspele van 1956 in Cortina d'Ampezzo, Italië, het sy die eerste Amerikaanse vroulike skaatser geword wat 'n Olimpiese goue medalje gewen het.Tenley Albright, Figure Skating, Olympian in 1952 Oslo Olympic Winter Games, 1956 Cortina d’Ampezzo Olympic Winter Games
Albright het ná 1956 uit mededingende ysskaats getree, maar het aangebly in die sportveld as 'n sportfunksionaris.
Albright het in 1982 vise-president van die Amerikaanse Olimpiese Komitee geword.
Medisyne As 'n gegradueerde van The Winsor School in Boston, het Albright in 1953 Radcliffe College betree as 'n voorgraadse mediese student. Na die 1956 Olimpiese Spele het sy gefokus op die voltooiing van haar studies. Sy studeer aan die Harvard Mediese Skool in 1961 op die ouderdom van 25, het voortgegaan om 'n chirurg te word. Sy het vir 23 jaar gepraktiseer en voortgegaan as 'n fakulteitslid en dosent by Harvard Mediese Skool.
Sy was voorsitter van die Raad van Regents van die National Library of Medicine by die National Institutes of Health. Sy het gedien as direkteur vir niewinsgewende organisasies soos die Whitehead Instituut vir Biomediese Navorsing en die Woods Hole Oceanographic Institution, asook maatskappye soos West Pharmaceutical Services, Inc., en State Street Bank and Trust Company.
In 1976 het sy gedien as die hoofgeneesheer vir die Amerikaanse Winter Olimpiese span. Die American Academy of Achievement het in 1976 'n Goue Plaat-toekenning aan haar oorhandig. Haar prestasies het haar in 1983 'n inlywing in die International Women's Sports Hall of Fame besorg.Tenley Albright, M.D.
Persoonlike lewe duimnael| Tenley Albright en Tudor Gardiner trou op 31 Desember 1961 Albright is in 1962 getroud met Tudor Gardiner, 'n prokureur en seun van William Tudor Gardiner."Tenley Albright, Olympic star, marries". The Sacramento Bee. January 1, 1962. p. 47. Retrieved February 21, 2025. Saam het hulle drie dogters gehad. Die egpaar is geskei en in 1981 is sy met die voormalige Ritz-Carlton-hoteleienaar Gerald Blakeley getroud."Dr Tenley Albright...has married Gerald W. Blakeley". The Boston Globe. December 3, 1981. p. 2. Retrieved February 21, 2025. Hy het haar verbintenis met Woods Hole gedeel en was voorsitter van die Morehouse School of Medicine. Blakeley is op 2 Julie 2021 oorlede.
Resultate Resultate Internasionaal Gebeurtenis 1951 1952 1953 1954 1955 1956 Olimpiese Spele 2de1ste Wêreldkampioenskappe 6de WD 1ste 2de 1ste 2de Noord-Amerikaanse kampioenskappe 3de 1ste 1ste Nasionaal Amerikaanse kampioenskappe 2de 1ste 1ste 1ste 1ste 1ste Oosterse Sectionals 1ste 1ste WD = Onttrek
Werke aangehaal
Eksterne skakels
Tenley Albright by die National Women's Hall of Fame Tenley Albright by die Team USA Hall of Fame (argief 20 Julie 2023) Tenley Albright by Olympics.com Tenley Albright by Olympedia
Verwysings
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Olimpiese Spele Kategorie:Skaats Kategorie:Chirurgie Kategorie:Vroue Kategorie:Vroue volgens beroep Kategorie:Vroue volgens eeu Kategorie:Verenigde State van Amerika Kategorie:Harvard Kategorie:Sport Kategorie:Sport in 1952 Kategorie:Sport in 1953 Kategorie:Sport in 1955