Niggies is 'n Afrikaanse riller wat op 'n ware lewensverhaal geskoei (bekend as die niggiemoorde) is en van 25 Maart 2025 af op kykNET vertoon is. Dit gaan oor twee niggies wat in die vakansie op Odendaalsrus gaan swem. Toe hulle teen sonsondergang nog nie tuis is nie, begin die dorp na die twee soek.
Storielyn
Twee niggies, Petro Nel en Issie Fourie, gaan swem in die Desembervakansie op Odendaalsrus net voor die skool in Januarie 1966 heropen. Toe hulle teen sonsondergang nog nie tuis is nie, begin die dorp 'n intense soektog na die tweeNiggies op YouTube en hulle word vermoor aangetref.
Die hele dorp is geskok, omdat "niks ooit op Odendaalsrus gebeur nie", en die plaaslike polisiekantoor is nie opgewasse om die saak te ondersoek nie.Niggies op DStv
Die moord op die twee 12-jariges het die verbeelding van die hele Suid-Afrika aangegryp, en weer 18 jaar later toe 'n man eindelik aangekeer is.Rapport, 30 Maart 2025. "‘Niggies’: Die wrede werklikheid agter die moordreeks". Besoek op 2 April 2025.
Niggies konsentreer op die ineenstorting van 'n gesin ná die moord van 'n kind en hulle pogings om die verdriet te verwerk.Roos, Martjie. Huisgenoot, 28 Maart 2025. "‘Niggies’: Als oor die reeks wat gegrond is op ’n misdaad wat die land geruk het." Besoek op 2 April 2025.
Rolverdeling Janru Steenkamp as André Fourie (1966) Beer Adriaanse as André Fourie (1984) Carel Nel as kaptein At van Wyk Albert Pretorius as Gustaff Fourie Roeline Daneel as Maks Fouché Lara Boshoff as Poppie Fouché (1966) Jane de Wet as Poppie Fouché (1984) Tinarie van Wyk Loots as Marie Fourie Lane Vertue as Issie Fourie Neels Clasen as Henning Nel Erica Wessels as Ousus Nel Anja Taljaard as Henda Nel (1966) Cintaine Schutte as Henda Nel (1984) Izabella Louw as Petro Nel Dwayne Vorster as Sarel Slabbert Peggy Tunyiswa as Sophie Stian Bam as Johannes Theron Liam Bosman as Barend Theron Kristen Raath as Ria Fourie Melissa Myburgh as Maggie
Episodes
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiereekse