Gansmis (Anacampseros perplexa) is 'n klein sukkulente struik wat deel van die Anacampserotaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Richtersveld voor.
Die plant het 'n voorkomsgebied van slegs 4 km². Daar is slegs een bevolking bekend en dié se getalle het met 80% gedaal sedert 2014 weens klimaatveranderinge en mynbou-aktiwiteite. Die bedreigings vir die plant bestaan steeds.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
perplexa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika