Die AFC Asië-beker (Engels: AFC Asian Cup) is 'n sokkertoernooi wat al om die vier jaar deur AFC vir nasionale sokkerspanne in Asië georganiseer word. Dit is die tweede oudste kontinentale sokkerkampioenskap ter wêreld na Copa América. Tot 2004 is die toernooi in ewe jare gespeel, maar sedert 2007 word die toernooi in onewe jare gespeel om nie deur die Olimpiese Somerspele en die UEFA Europa-beker oorskadu te word nie.
Die Asiatiese Beker is oor die algemeen deur ’n klein aantal top-spanne oorheers. Veral suksesvolle spanne sluit in Japan (vier keer), Iran en Saoedi-Arabië (elk drie keer), asook Suid-Korea en Katar (elk twee keer). Ander spanne wat sukses behaal het, sluit in Australië (2015), Irak (2007) en Koeweit (1980). Israel het in 1964 gewen, maar is later uitgesluit en het sedertdien by UEFA aangesluit.
Australië het in 2007 by die Asiatiese konfederasie aangesluit en die Asiatiese Beker-eindtoernooi in 2015 aangebied, waar hulle die kompetisie gewen het in die eindstryd teen Suid-Korea. Vanaf die 2019-toernooi is die aantal spanne uitgebrei van 16 na 24, met die kwalifiseringsproses wat ook deel geword het van die FIFA Wêreldbeker-kwalifisering.
Uitslae JaarGasheer(s)EindstrydeDerdeplek-wedstryd of verloorder-halfeindfinalisteSpanneKampioeneTellingNaaswennersDerde plekTellingVierde plek11956 raamloos|25x25px HongkongEen groepraamloos|25x25px HongkongEen groep421960 Een groepEen groep431964 Een groepEen groepraamloos|25x25px Hongkong441968 Een groepraamloos|25x25px BirmaEen groep551972 2–1verlenging2–25–3 n.S.raamloos|25x25px Khmer Republiek661976 1–01–0671980 3–03–01081984 2–01–15–3 n.S.1091988 0–04–3 n.S.0–03–0 n.S.10101992 1–01–14–3 n.S.8111996 0–04–2 n.S.1–13–2 n.S.12122000 1–01–012132004 3–14–216142007 1–00–06–5 n.S.16152011 1–0verlenging3–216162015 2–1verlenging3–216172019 3–1 en 24182023 3–1 en 24192027 24
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Sokkerkompetisies