Die UEFA Superbeker is 'n jaarlikse sokkerwedstryd wat deur UEFA gereël word en deur die wenners van die twee belangrikste Europese klubkompetisies betwis word: die UEFA Champions League en die UEFA Europa League. Oorspronklik was een van die spanne die wenner van die UEFA Bekerwenner-beker, maar daardie toernooi is in 1999 met die UEFA Cup saamgesmelt.
Die wedstryd word gewoonlik in Augustus gespeel. Tussen 1998 en 2012 is die wedstryd by die Louis II-stadion in Monaco gespeel, maar deesdae word die wedstryd by verskillende mediumgrootte stadions regoor Europa aangebied wat andersins nie die vermoë het om 'n groot Europese eindstryd aan te bied nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf rsssf.com: European Super Cup
Kategorie:UEFA Kategorie:Sokkerkompetisies