Uchab (soms Guchab) is ‘n nedersetting in die Otjozondjoepa-streek in Namibië.

Hierdie spoorweghalte is by 19° 43′ 59″ suid, 17° 49′ 59″ oos, 65 km oos van Otavi en 35 km wes van Grootfontein. Dit lê aan die B8-pad wat noordooswaarts gaan na die Caprivi. In die omgewing is ook die Hoba-meteoriet.

Die plek is 1636 m bo seespieël en ontvang 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 610 mm. Veeboerdery en veral melkerye is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit. In die Duitse koloniale tydperk was hier 'n kopermyn.

Bibliografie mindat.org/feature-3352543.html

Kategorie:Namibië