(voorlopige naam ) is 'n nabyaarde-asteroïed en aardtrojaan wat op 12 Desember 2020 deur die Pan-STARRS 1-opname by die Haleakalā-sterrewag in Hawaii ontdek is. Dit wentel om die Son-Aarde-stelsel se L4-Lagrange-punt (voorste 60°), een van die stabiele punte waar die Son en Aarde se aantrekkingskrag ewe groot is. 'n Ontleding van se wentelbaan dui aan dit sal minstens 4 000 jaar lank om die L4-punt bly totdat swaartekragversteurings weens herhaalde nabykennismakings met Venus sy trojaankonfigurasie destabiliseer.

het 'n deursnee van 1,2 km en is sover bekend die grootste in sy soort. Dit is die tweede aardtrojaan wat ontdek is, ná .

Ontdekking is op 12 Desember 2020 deur die Pan-STARRS 1-opname by die Haleakalā-sterrewag in Hawaii ontdek. Dit is die eerste keer met 'n skynbare magnitude van 21,4 in die sterrebeeld Beker waargeneem, toe dit 0,68 AE van die Aarde af was.

Die asteroïed is geïdentifiseer in vroeëre waarnemings van 26 November 2020. Die ontdekking is op 14 Desember 2020 aangekondig.

Naam Die Kleinplaneetsentrum het die voorwerp op 28 Maart 2022 die permanente nommer 614689 gegee. Dit kan nou 'n eienaam kry, volgens konvensie waarskynlik 'n mitologiese naam.

Wentelbaan en klassifikasie thumb|links|220px|'n Diagram van die wentelbane van en die binneplanete. thumb|links|220px|Die Aarde se Lagrange-punte (nie volgens skaal nie). L4 en L5 is die twee stabiele punte. thumb|links|220px|'n Animasie van se wentelbaan van 1600 tot 2500 met betrekking tot die Son en Aarde.

Die wentelbaan van is goed bekend, met 'n onsekerheidsfaktor van 0. Dit is oor agt jaar bestudeer, want dit is in verskeie waarnemings van voor sy ontdekking geïdentifiseer, tot so ver terug as Desember 2012.

Die asteroïed wentel een keer elke 365,8 dae, of sowat een aardjaar, om die Son op 'n gemiddelde afstand van 1,001 AE. Sy baan het 'n hoë eksentrisiteit van 0,388 en 'n helling van 13,8° met betrekking tot die sonnebaan. Oor die tydperk van sy omwenteling wissel sy afstand van die Son van 0,61 AE met perihelium tot 1,39 AE met afelium, en kruis dit die wentelbane van die Aarde en Venus.

Trojaanwentelbaan Die maklikste manier om trojane te verstaan, is dat hulle om een van twee Lagrange-punte, stabiele liggings waar die Son en Aarde se swaartekrag ewe groot is, wentel. Dié punte lê 60° voor (L4) en agter (L5) 'n groot wentelende liggaam, in 'n soort 1:1-resonansie. Eintlik ossileer (skommel) hulle om so 'n punt.

Op 26 Januarie 2021 het die amateursterrekundige Tony Dunn berig dit lyk of se nominale baan om die Aarde se voorste (L4-) Lagrange-punt libreer en dat dit vermoedelik 'n aardtrojaan is. Daaropvolgende ontleding het die stabiliteit van die liggaam vir die volgende paar duisend jaar bevestig, geskoei op bestaande baanparameters. Dit sal stabieler maak as die prototipe-L4-aardtrojaan, , wat moontlik onstabiel is op tydskale van minder as 2 000 jaar. Nog ontledings het bevestig dat eers oor minstens 4 000 jaar sy trojaanwentelbaan sal verlaat. Simulasies dui aan is sedert die 15de eeu by die L4-punt vasgevang.

Fisiese eienskappe Fotometriese metings van optiese waarnemings van 2020 tot 2021 toon het 'n kleur wat ooreenstem met dié van koolstofryke C-tipe-asteroïede. Aangesien sy fasekurwe waarskynlik soortgelyk is aan dié van C-tipe-asteroïede, is sy absolute magnitude (H) 18,6, wat ooreenstem met 'n gemiddelde deursnee van ongeveer 1,18 km vir 'n tipiese C-tipe-asteroïed se albedo van 0,06. Dit maak die grootste bekende aardtrojaan tot op hede, en tot drie keer so groot soos van 0,3 km.

Omdat slegs op lae hoogtes tydens skemer sigbaar is, belemmer atmosferiese versteurings en verstrooide lig van die Son akkurate fotometrie van die asteroïed se ligkurwe, en dus kon inligting oor sy rotasie nie bepaal word nie.

Sien ook Baanresonansie van 1:1 Beweerde aardmane

Verwysings

Skakels Data from NSF's NOIRLab Show Earth Trojan Asteroid Is the Largest Found, NOIRLab, 1 Februarie 2022 Second Earth Trojan Discovered, Jeff Hecht, Sky & Telescope, 4 Februarie 2021

Kategorie:Nabyaarde-asteroïede XL