Mandelabaai-teaterkompleks (amptelik die Mandela Bay Theatre Complex), voorheen die Port Elizabeth Operahuis, (soms na verwys as MBTC) is 'n teater in Gqeberha, Suid-Afrika. Dit het in 1892 geopen en is sedert 1980 'n nasionale gedenkwaardigheid. Dit is een van die voorkeurlokale vir uitvoerende kunste in die Oos-Kaap. Dit is die oudste teater in Afrika en een van die oudstes in die Suidelike Halfrond.

Die Hoofverhoog is gebou vir ballet, opera en groter produksies, soos musiekblyspele, met 598 sitplekke op twee vlakke. Benewens die hoofverhoog is daar 'n kleiner, multifunksionele lokaal genaamd The Barn Theatre met kapasiteit vir 100 tot 150 mense, afhangend van die styl van die produksie wat aangebied word. MBTC ondersteun uitvoerende kunste-opvoeding en -ontwikkelingsprogramme. alt=Port Elizabeth Opera House exterior|duimnael| Die Port Elizabeth Operahuis se buitekant in 2012

Geskiedenis Dit is in 1892 gebou, voor daar 'n plaaslike spoorlyn gebou is, en is aanvanklik vir sowat 16 jaar lank met kerse en kalkligte verlig, voordat gasbeligting in gebruik geneem is. Dit is die oudste en die laaste oorblywende Victoriaanse teater op die vasteland van Afrika. Benewens verskeie internasionale kunstenaars en internasionale balletgeselskappe, het Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Athol Fugard, John Kani, Thoko Ntshinga, Winston Ntshona en Elizabeth Connell hier opgetree. alt=Picture of the Opera House from the early 1900's|duimnael| 'n Vroeë foto van die Operahuis uit die Verenigde Koninkryk Nasionale Argief, datum onbekend, waarskynlik vroeg twintigste eeu.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Port Elizabeth Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters Kategorie:Koördinate op Wikidata