Hier onder volg 'n lys van Saturnus se natuurlike satelliete. Die mane word aangegee volgens hulle wentelperiode (of halwe lengteas), van die langste tot die kortste. Mane wat groot genoeg is om deur hulle swaartekrag rondgedruk te wees, se name is vet en het 'n blou agtergrond, terwyl die onreëlmatige mane 'n rooi, oranje, groen of grys agtergrond het.
Die wentelbane en gemiddelde afstand van die onreëlmatige mane is baie wisselvallig oor kort tydperke weens gereelde planetêre en solêre steurings; daarom word 'n gemiddeld oor 5 000 jaar deur die Jet Propulsion Laboratory geneem van die wentelelemente van onreëlmatige mane op die lys. Dit kan verskil van die elemente in ander bronne. Onlangs ontdekte, onreëlmatige mane sonder gepubliseerde elemente word hier aangedui met onakkurate wentelelemente, wat kursief is om hulle te onderskei van ander onreëlmatige mane met die regte wentelelemente. Die epog is geskoei op 1 Januarie 2000, terwyl die wentelelemente van die 128 nuut ontdekte mane geskoei is op 'n verwysingsepog van 5 Mei 2025.
Tabel van bevestigde mane + Sleutel Klein, reëlmatige mane (17) ♠ Groot mane (7) ♦ Inuïtiese groep (36) ♣ Galliese groep (16) ‡ Noorse groep (197) § Buiteliggende, prograde, onreëlmatige mane (1)