Bernardus Gerhardus Fourie (of Brand Fourie) was 'n Suid-Afrikaanse diplomaat. Hy het van 1982 tot 1985 as die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde State gedien.
Vroeë lewe Fourie is in 1916 in Wolmaransstad gebore.
Loopbaan Brand Fourie het in 1936 by die departement Suid-Afrikaanse Departement van Buitelandse Sake aangesluit. Hy het onder ses staatshoofde van Suid-Afrika gedien, naamlik Jan Smuts, dr Daniël François Malan, JG Strijdom, Hendrik Verwoerd, John Vorster en PW Botha.
Fourie was 'n assistent van Suid-Afrikaanse Eerste Minister Jan Smuts tydens die Tweede Wêreldoorlog en het van sy vergaderings met die Britse premier Winston Churchill bygewoon. Hy het die 1945-bekendstelling van die Verenigde Nasies saam met Smuts bygewoon.
Hy is van 1966 tot 1983 bevorder tot direkteur-generaal van die Departement van Buitelandse Sake.
In 1985 het hy as Suid-Afrikaanse ambassadeur in die VSA uitgetree.
Fourie was die Sekretaris van Buitelandse Sake vir die Republiek van Suid-Afrika in die 1970's en vroeë 1980's. In 1982, is hy aangestel as Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde State, en het gedien van 4 Junie 1982 tot 23 September 1985. Op 21 November 1984 ontmoet Fourie vier Amerikaanse aktiviste (Mary Frances Berry, Randall Robinson, Walter E. Fauntroy en Eleanor Holmes) wat gepoog het om die Amerikaanse openbare opinie omtrent die apartheidregering te verander deur te weier om die ambassade te verlaat totdat daar aan hul eise voldoen is.
Fourie was van 1985 tot 1989 voorsitter van die direksie van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.
Dood Fourie is laat in Julie 2008 op die ouderdom van 91 oorlede.
Sy private dokumentversameling word gehuisves by die Instituut vir Kontemporêre Geskiedenis: Argief vir Kontemporêre Aangeleenthede aan die Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse ambassadeurs in die Verenigde State Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 2008