Twee Jonge Gezellen is ‘n wingerdplaas en wynkelder by Tulbagh in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.
Die 300-jaaroue plaas is by 33° 14′ 18″ suid, 19° 6′ 46″ oos, noord van die dorp, noord van die Saronsberg-wynkelder en langs die Klein-Bergrivier.
In 1710 het die VOC hierdie plaas van 120 ha in die Land van Waveren toegeken aan twee neefs, beide oujongkêrels. Hierna was dit vir geslagte lank die eiendom van die Theron-familie en hul nageslag die Krone-familie, onder andere die bekende A.C. Krone. Sedert 2012 is dit die eiendom van Vinimark.
Lees ook Lys van wynkelders in Suid-Afrika
Bibliografie Bulpin. T.V.: Discovering Southern Africa. Kaapstad: Books of Africa, 1970. krone.word/pages/twee-jonge-gezellen Foto's toon onder meer die ondergrondse kelder Slingsby, Peter: Cape Winelands, the map. Muizenberg: Baardskeerder, 2004.
Kategorie:Wynbou in Suid-Afrika