Maqueen Joyce Letsoha-Mathae (gebore 3 Februarie 1969) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans dien as die 8ste premier van die Vrystaat. Sy was voorheen in die Vrystaatse Uitvoerende Raad as lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer vanaf Maart 2023 tot Junie 2024. Letsoha-Mathae is sedert Maart 2023 'n Lid van die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer. Sy is 'n lid van die African National Congress.

Kontroversies In Oktober 2024 het die Ekonomiese Vryheidsvegters en ActionSA in die Vrystaat Letsoha-Mathae en haar man daarvan beskuldig dat hulle miljoene rande se omkoopgeld ontvang het om 'n padkontrak in Tweespruit te verkry.

Op 9 Februarie 2025 beweer opposisiepartye dat Mathae die swakste premier na Ace Magashule is.https://sundayworld.co.za/politics/opposition-declares-free-state-premier-worse-than-magashule/?fbclid=IwZXh0bgNhZW0CMTEAAR0Re03lPJoH8RNpbio2Ht1VCytVDwYq50UFwCTO4sSUwRh1fF5M9BVapK0_aem_FCvlThYSQxQ_RN1BkNeShw

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici