Jacques, erfprins van Monaco, markies van Baux (Jacques Honoré Rainier Grimaldi; gebore 10 Desember 2014), is die regmatige opvolger tot die troon van Monaco. Hy is die seun van die huidige heerser, Albert II, en prinses Charlene en die tweelingbroer van prinses Gabriella.
Hy het ook die titel markies van Baux, die titel van al die regmatige opvolgers tot die Monegaskiese troon sedert 1643. Met sy doop is die Groot Kruis van die Orde van Grimaldi aan hom toegeken. 'n Gesertifiseerde afskrif van dié regsdokument word bewaar in die Monaco-katedraal en nog een in die Bank van Monaco-Credit Suisse.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Monegaskiese prinse