Prinses Gabriella, gravin van Carladès (Gabriella Thérèse Marie Grimaldi; gebore 10 Desember 2014), is die tweede aanspraakmaker op die Monegaskiese troon. Sy is die dogter van die huidige heerser, Albert II, en prinses Charlene en die tweelingsuster van die regmatige troonopvolger, prins Jacques.
Ná haar geboorte het haar pa aan haar die titel gravin van Carladès toegeken. Met haar doop op 10 Mei 2015 het sy 'n grootoffisier van die Orde van Grimaldi geword.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Monegaskiese prinsesse