Djakarta 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Koördinate  Stigting Oppervlakte:    - Totaal 661,5 vk km  Hoogte bo seevlak 8 m Bevolking:    - Totaal (2020) 10 562 088  - Bevolkingsdigtheid 15 907/vk km  - Metropolitaanse gebied 33 430 285 Tydsone UTC +7 (WIB) Goewerneur Anies Baswedan Amptelike webwerf jakarta.go.id

Djakarta (Indonesies: Jakarta, [dʒaˈkarta], ), amptelik die Spesiale Hoofstadstreek Djakarta (Daerah Khusus Ibukota Jakarta; DKI Jakarta), is die hoofstad en grootste stad van Indonesië. Die oorspronklike naam van die stad is Sunda Kelapa (tot 1527). Die veldheer Fatahillah verower die stad in 1527 en die naam word Jayakarta (1527–1619). Batavia/Jakarta het van 'n klein hawe vinnig tot die grootste stad in Indonesië ontwikkel. Batavia is die naam wat die Indonesiese hoofstad in die Hollandse tydperk gedra het (1619–1942). Djakarta lê op die Java-eiland.

Djakarta is ook die ekonomiese en finansiële sentrum van Indonesië en 'n spesiale provinsie. In die Metropolitaanse Hoofstadgebied van Djakarta is onder andere Tangerang en Suid-Tangerang geleë.

Geskiedenis Djakarta is oorspronklik Sunda Kelapa genoem. Die stad is later verower deur Fatahillah, wat die stad Jayakarta genoem het (op 22 Junie 1527, steeds die amptelike stigtingsdatum van die stad),

Jan Pieterszoon Coen het die stad in 1613 van die inwoners verower en vernietig. Hy het die nuwe fort en die nuwe stad gebou op die oorblyfsels. Aanvanklik wou hy dit Nieuw-Hoorn (na sy geboortedorp Hoorn) noem, maar die Here XVII, die hoogste gesag van die VOC, het anders besluit. Die stad is Batavia genoem en het so gebly tot 1942, die jaar dat die Nederlandse Oos-Indiese Eilande deur Japannese troepe beset is. Batavia is toe herdoop tot Djakarta.

Na die onafhanklikheid van Indonesië het Djakarta die hoofstad van die nuwe land geword. In 1972 verander die spelling van die stadsnaam na Jakarta.

Besienswaardighede duimnael|links|Nieu-Jakarta duimnael|links|Oud-Jakarta Monas (Nasionale Monument) Sunda Kelapa (ou koloniale hawe) Taman Impian Jaya Ancol Taman Mini Indonesia Indah Ragunan Dieretuin Duisend eilande (Kepulauan Seribu) Glodok (Chineese wyk) Sea World Oud-Stadhuis van Batavië (nou Museum Sejarah Jakarta)

Vervoer Djakarta het twee lughawens: Die Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe en die plaaslike lughawe, "Halim". Snelweë (Jalan Tol) na Bogor en Bandung. Treinstasies op die roete na Bogor/Bandung en Cirebon/Surabaya.

Susterstede Beijing, Volksrepubliek China Berlyn, Duitsland Istanboel, Turkye Djedda, Saoedi-Arabië Los Angeles, Verenigde State Parys, Frankryk Rotterdam, Nederland Seoel, Suid-Korea Tokio, Japan

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Indonesië