Bali (Indonesies: Pulau Bali) is die westelikste en vyfde grootste van die Klein-Soenda-eilande (na Timor, Soembawa, Flores en Soemba) en is in die suide van die eilandnasie Indonesië geleë. Die eiland word begrens deur die Balisee in die noorde en die oop Indiese Oseaan in die suide. Bali is ook 'n provinsie van Indonesië op sy eie en die hoofstad sedert 1958 is Denpasar, die grootste stad van die Klein-Soenda-eilande; voorheen het Singaraja as hoofstad van Bali gedien. Bali is veral as 'n toeristebestemming bekend.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Bali duimnael|links|Kaart van Bali duimnael|links|Rysvelde op Bali Bali is oos van Java en wes van Lombok geleë. In die noorde, oorkant die Balisee, lê Borneo, en verder noordoos Soelawesi. Bali het in 2010 'n bevolking van 3 891 428 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 5 780,06 km².
Bali se geologie word gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Bali se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.
Hindoeïsme is die dominante godsdiens in Bali (83,5%), gevolg deur Islam (13,4%), die Christendom (2,5%) en Boeddhisme (0,5%). Penduduk Menurut Wilayah dan Agama yang Dianut (2010 Census). bps.go.id Die inheemse taal van Bali is Balinees, wat oor sy eie skrif beskik.
Die Balinese kat is na die Balinese dansers genoem, maar nie van Bali of Indonesië afkomstig nie.
Terreuraanvalle 12 Oktober 2002: 'n Reeks motorbomme ontplof in Kuta (Denpasar) met die gevolg dat 202 mense sterf en 'n verdere 209 beseer word.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die provinsie Bali
Kategorie:Eilande van Indonesië Kategorie:Klein-Soenda-eilande Kategorie:Provinsies van Indonesië