duimnael|'n Predator-hommeltuig wat 'n Hellfire-missiel afvuur. Geteikende moord of teikengerigte moord is 'n vorm van sluipmoord wat veral deur regerings uitgevoer word buite 'n geregtelike prosedure of 'n slagveld.
Sedert die laat 20ste eeu het die wetlike status van geteikende moord 'n onderwerp van twis binne en tussen verskeie state geword. Histories, ten minste sedert die middel van die agtiende eeu, het Westerse denke oor die algemeen die gebruik van sluipmoord as 'n instrument van staats en internasionale verhoudingbestuur as onwettig beskou.Clive Stafford Smith, "Who's getting killed today? Terror, Tuesday, the US Disposition Matrix and a modern history of state-sponsored assassination" , Times Literary Supplement, 30 Junie 2017 bl.3–5, bl. 3 Sommige akademici, militêre personeel en amptenare beskryf geteikende moord as wettig binne die konteks van selfverdediging, wanneer dit aangewend word teen terroriste of vegtendes wat betrokke is by asimmetriese oorlogvoering. Hulle voer aan dat onbemande gevegsvliegtuie (hommeltuig) meer menslik en akkuraat is as bemande vliegtuie.
Geleerdes is ook verdeeld oor of geteikende moorde 'n doeltreffende strategie teen terrorisme is.
Sien ook Asimmetriese oorlogvoering Verwysings
Kategorie:Oorloë Kategorie:Krygskunde Kategorie:Terrorisme