Chernobyl 1986, ook bekend as Chernobyl: Abyss (Russies: Чернобыль), is 'n Russiese rampfliek van 2021 met Danila Kozlovsky as regisseur. Hy speel ook een van die hoofrolle.

Die prent handel oor 'n fiktiewe brandbestryder (Kozlovsky) wat die skade van die Tsjernobil-kernramp help beperk het. Die prent is op 15 April 2021 deur Central Partnership in Rusland uitgereik en is nou op Netflix te sien.

Storielyn thumb|240px|links|Die tans verlate stad Pripjat, met die kernaanleg op die agtergrond.

In 1986 begin Aleksei Karpoesjin, 'n 30-jarige brandbestryder van Pripjat naby Tsjernobil (nou Tsjornobil in Oekraïne), sy verhouding hervat met sy eksmeisie, die plaaslike haarkapper Olga Sawostina. Olga onthul aan hom haar 10-jarige seun is sy kind.

Hulle romanse loop skeef en Aleksei vra om na Kijif oorgeplaas te word om 'n nuwe lewe te begin, maar die kernramp by die nabygeleë Tsjernobil steek 'n stokkie in sy wiele en hy bevind hom in 'n bandweerwa op pad na reaktor nommer 4.

Aleksei oorleef die bestralingsgevaar in die aanvanklike stryd om die brand te beheer. Toe die omvang van die ramp bekend word, word 'n nog groter gevaar egter geïdentifiseer: die moontlike stoomontploffing van 'n groot reservoir onder die smeltende reaktor, wat enorme hoeveelhede radioaktiewe materiaal sal uitspu en Europa in gevaar sal stel. Aleksei ken die gange onder die kernreaktors, maar is teensninnig om sy hulp aan te bied vir wat waarskynlik 'n selfmoordsending sal wees: om die reservoir te dreineer voordat die reaktor daarin ineenstort. Hy vind egter uit sy seun is aan bestraling blootgestel en kan sterf. Hy sluit dus by die reddingspan aan in ruil daarvoor dat sy seun behandeling in Switserland kan ondergaan.

Rolverdeling Danila Kozlovsky as Aleksei Karpoesjin, 'n brandbestryder Oksana Akinshina as Olga Sawostina, 'n haarkapper Filipp Avdeyev as Waleri Gontsjaroek, 'n ingenieur Ravshana Kurkova as Dina, 'n radioloog Nikolay Kozak as kolonel Boris Bobilin, 'n militêre duiker

Ontvangs Chernobyl 1986 het 'n gemengde reaksie ontlok. Met die prent se aanvanklike Russiese uitreiking het Chris Brown in CBC News dit 'n "gemiste geleentheid" genoem, en "dat dit die wangedrag en leuens wat die Sowjet-owerhede vertel het in 'n poging om die omvang van die ramp toe te smeer verdoesel".

Ná die uitreiking op Netflix het Mark Beaumont in die NME die prent 'n "tipiese rampfliek" genoem, soortgelyk aan die World Trade Center-rolprent en Titanic. Hy sê oor die gebrek aan kritiek jeens die Sowjetstelsel: "Hollywood herskryf al dekades lank die geskiedenis – moet ons regtig ander kritiseer omdat hulle dieselfde doen?".

In 'n resensie vir die Russiese tydskrif Afisha is Jegor Belikof van mening dat die fliek as 'n manier van kommunikasie met die kyker misluk ... "Maar terselfdertyd is dit 'n noukeurig vervaardigde rolprent wat jou kan boei en trane in jou oë kan bring."Егор Беликов. Полураспад полу-СССР: рецензия на фильм «Чернобыль» Данилы Козловского. Афиша, 15 апреля 2021 года

Verwysings

Skakels

Kategorie:Russiese televisiereekse