'n Onderwystegnoloog of leertegnoloog is 'n kundige onderwyser wat spesialiseer in onderwyshulpbronne wat met tegnologie geskep is. Hulle is gewoonlik opgeleide onderwyskundiges wat daarna streef om effektief gebruik te maak van beskikbare informasie en kommunikasie tegnologie. 'n Onderwystegnoloog evalueer velde en gee raad, ontwikkel en implementeer ook meestal dié tegnologie.

'n Onderwystegnoloog het dikwels baie jare ervaring in onderwys, die onderwysondersteuning of in die navorsing daarvan. Hy is meestal universiteits opgeleid en kyk soms na die  toepaslike tegnologiese prosesse en etiese praktyke om leer te fasiliteer en prestasie te verbeter.Ritzhaupt, A.D., Martin, F., Pastore, R. et al. Development and validation of the educational technologist competencies survey (ETCS): knowledge, skills, and abilities. J Comput High Educ 30, 3–33 (2018). https://doi.org/10.1007/s12528-017-9163-z Die individu skep, gebruik en bestuur hulpbronne en spesialiseer dikwels in afstandonderwys, webkommunikasie, sosiale media, video, aanlynsamewerking, interaktieweleer en die ontwikkeling van webwerwe.

Verwysings

Kategorie:Onderwys Kategorie:Opvoedkundige tegnologie