'n Massamoord in Lusikisiki het op 28 September 2024 in die Oos-Kaapse dorp Lusikisiki plaasgevind toe gewapende mans op 19 mense losgebrand het terwyl hulle 'n gesinsgeleentheid op die grasperk van twee huise bygewoon het. 17 van hulle is noodlottig geskiet en ses ander is gewond en in die hospitaal opgeneem. Een van die beseerdes is in die hospitaal dood, wat gelei het tot 'n totale sterftesyfer van 18. Van die slagoffers was 15 vroue en drie mans. In een van die huise het niemand oorleef nie. Agt verdagtes is in verband met die massamoord deur die polisie in hegtenis geneem.

Misdaad soos roof en verkragting kom algemeen in Lusikisiki voor. Lusikisiki beklee in 2021 die eerste plek in Suid-Afrika wat die nasionale misdaadsyfer betref.

Op 6 Oktober, die dag van die gedenkdiens vir die slagoffers in Lusikisiki, het nog 'n skietvoorval in die Oos-Kaapse dorpie Godini plaasgevind, toe agt ongeïdentifiseerde mans gewapen met gewere en handwapens op 'n groep gemeenskapspatrolleerders losgebrand het. Ses mense is dood en vier ander is beseer in die skietvoorval. Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Verwysings

Kategorie:Massamoorde