Moersili I (ook bekend as Moersilis; Moersjili of Moersjilis) was 'n koning van die Hetitiese Ou Koninkryk. Hy het van omstreeks 1620-1590 v.C. (middelhronologie) regeer.Manning, Sturt W., et al. (2016). "Integrated Tree-Ring-Radiocarbon High-Resolution Timeframe to Resolve Earlier Second Millennium BCE Mesopotamian Chronology", in PLOS ONE, 13 Julie 2016. Hy was waarskynlik 'n kleinseun van sy voorganger, Hattoesili I. Sy gade was koningin Kali.Shoshana R. Bin-Nun, The Tawananna in the Hittite kingdom. Anlyn.Margalit Finkelberg, Greeks And Pre-Greeks: Aegean Prehistory And Greek Heroic Tradition.
Troonbestyging Moersili was minderjarig toe hy die troon bestyg. Toe hy meerderjarig word, het hy Hattoesili I se oorloë in Noord-Sirië hervat.
Veldtogte Verowering van Aleppo Moersili het die koninkryk Jamhad en sy hoofstad, Aleppo, verower – iets wat Hattoesili nie kon regkry nie. Daarna het hy 'n mars sonder presedent van 2 000 km suid tot in die hart van Mesopotamië gelei, waar hy Babilon in 1595 v.C. verwoes het. Dit is onseker hoekom hy Babilon verwoes het, maar William Broad het voorgestel dit was om graan in die hande te kry omdat die wolke van die Thera-vulkaanuitbarsting die Hetiete se oeste verklein het.Broad, William J. "It Swallowed a Civilization. " New York Times, D1. 21 October 2003.
Verwoesting van Babilon Die strooptog op Babilon kon nie gewees het om sy heerskappy oor die streek uit te brei nie, want dit was eenvoudig te ver van Anatolië en die Hetiete se magsentrum. Daar word egter geglo die strooptog het 'n einde gebring aan die Amoritiese dinastie van Hammoerabi en die Kassiete toegelaat om mag oor te neem in 'n poging om hulle guns te wen.Bryce, The Kingdom of the Hittites, 99.
Dit kon ook gewees het dat Moersili die langafstandaanval geloods het om die militêre veldtogte van sy voorganger, Hattoesili I, te oortref.Bryce, "The Kingdom of the Hittites," 99–100.
Sluipmoord Toe Moersili na sy koninkryk terugkeer, is hy in 'n sluipmoordaanval vermoor in 'n sameswering wat gelei is deur sy swaer, Hantili I (wat die troon bestyg het), en Hantili se skoonseun, Zidanta.The Hittites and their World Sy dood het 'n tydperk van sosiale onrus en die afname van sentrale gesag ingelei, gevolg deur die verlies van die verowerings wat hy in Sirië gedoen het.
Verwysings
Die Bewind van Moersili I Trevor Bryce, The Kingdom of the Hittites, Oxford: University Press (1998)
Skakels
Kategorie:Konings van die Hetiete