Andrew Mountbatten-Windsor, die voormalige prins Andrew, Hertog van York (Andrew Albert Christian Edward; gebore 19 Februarie 1960) is die derde kind en tweede oudste seun van koningin Elizabeth en prins Philip.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy amptelike titel was die Hertog van York. Met sy geboorte was hy die tweede aanspraakmaker op die Britse troon, maar hy is tans agtste. Hy was die eerste kind wat vir ’n heersende monarg gebore is sedert koningin Victoria se jongste kind, prinses Beatrice in 1857.
Mountbatten-Windsor is bekend vir sy militêre diens as 'n vlieënier in die Britse Vloot en sy deelname aan die Falkland-oorlog. Hy was 10 jaar lank die Verenigde Koninkryk se spesiale verteenwoordiger vir internasionale handel en beleggings.
Mountbatten-Windsor is in 1986 met Sarah Ferguson getroud. Hulle het twee kinders, prinses Beatrice en prinses Eugenie. Andrew en Sarah is in 1996 geskei. Hul huwelik en egskeiding het groot belangstelling in die media ontvang.
In 2019 was prins Andrew in 'n skandaal met die Amerikaanse miljardêr-pedofiel Jeffrey Epstein betrokke.
In Oktober 2025, te midde van voortdurende omstredenheid rondom Mountbatten-Windsor se verbintenis met Epstein, het Buckingham-paleis eers aangekondig dat hy sou ophou om sy adellike titels en ridderordes te gebruik; in 'n latere verklaring het dit gesê Charles III sou 'n "formele proses" begin om sy styl, titels en eerbewyse te verwyder, insluitend die Hertogdom van York en sy geboorteregtitel prins. Mountbatten-Windsor het ook 'n formele kennisgewing ontvang om sy tuiste, Royal Lodge, te verlaat. Hierdie proses is op 31 Oktober 2025 voltooi. Nadat hy sy titels verloor het, staan hy as "Andrew Mountbatten-Windsor" bekend.
Verwysings
Notas Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Prince Andrew, Duke of York
Eksterne skakels Die Hertog van York se amptelike webtuiste Royal.gov.uk – Die Hertog van York
Kategorie:Geboortes in 1960 Andrew Kategorie:Lewende mense