Prins Edward, die Hertog van Edinburg (Edward Antony Richard Louis; gebore 10 Maart 1964) is die jongste seun van koningin Elizabeth en prins Philip. Met sy geboorte was hy die derde aanspraakmaker op die Britse troon, maar is tans die 15de aanspraakmaker. Hy is op 10 Maart 2023, sy 59ste verjaardag, die Hertog van Edinburg gemaak. Dit is 'n titel wat voorheen aan sy pa, prins Philip, behoort het en van 2021-2022 aan sy broer, koning Charles III.

duimnael|links|200px|Die wapen van Edward, die Hertog van Edinburg. Hy het in 1986 ’n B.A.-graad behaal en het so slegs die vierde lid van die Britse koninklike familie geword wat ’n universiteitsgraad behaal.

Edward was betrokke by die teater en het in die laat 1980's vir twee teatermaatskappye gewerk, onder andere Andrew Lloyd Webber se Really Useful Group, waar hy deel was van produksies soos Phantom of the Opera, Starlight Express en Cats. Hy het daarna betrokke geraak by televisieproduksies, maar is daarvan beskuldig dat hy sy koninklike konneksies gebruik vir persoonlike gewin. Hy het hom daarna toegespits op sy openbare pligte. Hy het in die afgelope paar jaar baie van sy pa se rolle oorgeneem.

Edward is in 1999 getroud met Sophie Rhys-Jones. Hulle het twee kinders, lady Louise Mountbatten-Windsor en James, Graaf van Wessex.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Prince Edward, Duke of Edinburgh

Eksterne skakels

Royal.uk – Die Hertog van Edinburg

Kategorie:Geboortes in 1964 Edward Kategorie:Lewende mense