Sophie, die Hertogin van Edinburg (gebore Sophie Helen Rhys-Jones op 20 Januarie 1965) is die vrou van prins Edward van die Verenigde Koninkryk, die derde oudste seun van koningin Elizabeth en prins Philip. Hulle is in 1999 getroud en Sophie het in die skakelwese gewerk tot in 2002. Sy ondersteun nou haar man in sy koninklike pligte. Die egpaar het twee kinders, lady Louise Mountbatten-Windsor en James, Graaf van Wessex.

Bronne Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Sophie, Duchess of Edinburgh

Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Huis van Windsor Kategorie:Lewende mense