Luzon (Engels: ; Spaans: Luzón; Tagalog: [luˈson]), die wêreld se 15de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 109 965 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die weste en die Filippynse See in die ooste. Luzon is die grootste, mees bevolkte en mees noordelike van die Filippynse eilande. Dit is ten noorde van die Visayas, oos van Indo-China, in die suidooste van die Volksrepubliek China en in die suide van die Republiek China op Taiwan geleë. Luzon vorm saam met Mindanao en die Visayas die eilandnasie Filippyne.
duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Luzon duimnael|links|Kaart van Luzon Luzon is met 'n bevolking van meer as 53 miljoen die vierde meesbevolkte eiland in die wêreld ná Java, Honsjoe en Groot-Brittanje, asook die belangrikste eiland van die Filippyne. In Luzon se suidweste is Manila, die Filippynse hoofstad, en Quezon Stad, die Filippyne se grootste stad, geleë.
Die term Luzon verwys ook na die argipel in die noorde van die Filippyne, wat die gelyknamige hoofeiland, die Batanes- en Babuyan-eilande in die noorde, die Polillo-eilande in die ooste en die afgeleë eilande Catanduanes, Marinduque, Masbate, Romblon, Mindoro en Palawan in die suide insluit.
Etimologie Die benaming Luzon is glo afgelei van die Tagalog-woord lusong, 'n groot houtstamper wat vir die stamp van rys gebruik is.
Die ou naam van dié eiland tydens die Spaanse Ryk was Nueva Castilla, letterlik "Nieu-Kastilië", genoem ná die Middeleeuse Koninkryk Kastilië in Spanje.
Voorgeskiedenis Die eiland het waarskynlik reeds 700 000 jaar gelede 'n bevolking gehad. Dit is nie bekend watter soort mense dit was nie, maar Homo erectus is 'n goeie kandidaat. nu.nl 3 Mei 2018
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Argipels Kategorie:Eilande van die Filippyne