Anna (Engels: Anne; 6 Februarie 1665 – 1 Augustus 1714) het op 8 Maart 1702 koningin van Engeland, Ierland en Skotland geword. Sy het haar swaer, Willem III van Engeland en II van Skotland opgevolg. Haar Katolieke pa, Jakobus II en VII, het geabdikeer en haar swaer en suster het toe mede-monarge geword as Willem III & II en Maria II, die enigste so ’n geval in die geskiedenis van Brittanje. Ná Maria se dood in 1694 het Willem alleen regeer tot sy dood in 1702.
Op 1 Mei 1707 is Engeland en Skotland verenig as ’n enkele staat, die Koninkryk van Groot-Brittanje. Anna het die nuwe land se eerste monarg geword terwyl sy steeds afsonderlik koningin van Ierland was. Sy het ook die titel koningin van Frankryk gehad. Anna het 12 jaar geregeer tot haar dood in Augustus 1714.
Anna se lewe was vol krisisse, persoonlik sowel as weens haar bewind. Teen 1700 was sy minstens 17 keer swanger; daarvan het sy 11 keer óf ’n miskraam gehad óf die kind is doodgebore. Van die oorblywende ses kinders is drie op hul geboortedag dood en twee voor hulle twee jaar oud was. Haar enigste seun wat ouer geword het, William, Hertog van Gloucester, is op 29 Julie 1700 op 11-jarige leeftyd dood.
Omdat sy sonder oorlewende kinders dood is, was sy die laaste monarg van die Huis van Stuart. Sy is opgevolg deur haar Protestantse kleinneef, George I van die Huis van Hannover van Duitsland wat ’n afstammeling van die Stuarts was deur sy ouma aan moederskant, Elizabeth, dogter van Jakobus VI & I.Lodge (1832), pp. 7–8
Kinders
Doodgebore dogter12 Mei 168412 Mei 1684Mary2 Junie 16858 Februarie 1687Anne Sophia12 Mei 16862 Februarie 1687MiskraamJanuarie 1687Januarie 1687Doodgebore seun 22 Oktober 168722 Oktober 1687Miskraam 16 April 168816 April 1688William24 Julie 168929 Julie 1700Mary14 Oktober 169014 Oktober 1690George17 April 169217 April 1692Doodgebore dogter 23 April 169323 April 1693Doodgebore kind 21 Januarie 169421 Januarie 1694Doodgebore dogter 18 Februarie 169618 Februarie 1696Miskraam 20 September 169620 September 1696Doodgebore dogter 25 Maart 169725 Maart 1697MiskraamDesember 1697 Desember 1697Charles15 September 169815 September 1698Doodgebore dogter 25 Januarie 170025 Januarie 1700
Verwysings
Bronne
Waller, Maureen (2006). Sovereign Ladies: Sex, Sacrifice, and Power. The Six Reigning Queens of England. New York: St. Martin's Press. .
Skakels
Kategorie:Britse monarge Kategorie:Engelse monarge Kategorie:Geboortes in 1665 Kategorie:Huis van Stuart Kategorie:Ierse monarge Kategorie:Skotse monarge Kategorie:Sterftes in 1714