Sarah Margaret Ferguson, voormalige Hertogin van York (gebore 15 Oktober 1959) is ’n voormalige lid van die Britse koninklike familie en ’n liefdadigheidswerker, skrywer en rolprentvervaardiger.

Sy is die dogter van wyle majoor Ronald Ferguson en Susan Barrantes, en is die gewese vrou van die voormalige prins Andrew, Charles III se jonger broer. Haar dogters, prinses Beatrice en prinses Eugenie, is onderskeidelik die 9de en 12de aanspraakmakers op die Britse troon. Sy is algemeen bekend as Fergie.

Afkoms Sarah stam van die Britse adel – van die Huis van Stuart en die Huis van Tudor. Aan vaderskant is sy ’n afstammeling van koning Charles II van Engeland, van twee van sy buite-egtelike seuns. Sy is ’n agter-agterkleindogter van William Montagu-Douglas-Scott, 6de Hertog van Buccleuch en ’n agterkleindogter van Mervyn Wingfield, 8ste burggraaf Powerscourt. Haar ouma was Marian Louisa Montagu-Douglas-Scott, ’n niggie van lady Alice Christabel Montagu-Douglas-Scott wat ná haar troue met prins Henry, Hertog van Gloucester, prinses Alice, Hertogin van Gloucester, geword het, ’n tannie van koningin Elizabeth.

Huwelik Sarah en prins Andrew se romanse het in 1985 begin ná ’n effense konkelry deur Diana, Prinses van Wallis. Hulle het vroeg in 1986 verloof geraak en is op 23 Julie 1986 in die Westminster-abdy getroud. Die koningin het aan prins Andrew die titel Hertog van York gegee en Sarah het outomaties HKH die Hertogin van York geword. In 1987 het Sarah die eerste vrou in die koninklike familie geword wat haar private vlieënierslisensie kry.

Die Hertog en Hertogin van York het twee kinders, prinses Beatrice en prinses Eugenie.

Teen 1992 het die egpaar begin uiteendryf en Sarah is dikwels in die geselskap van ander mans gesien, veral die Texas-multimiljoenêr Steve Wyatt. Die egpaar het in Januarie 1992 besluit om van bed en tafel te skei. Hulle is eindelik in 1996 finaal geskei. Hulle is steeds goeie vriende en het hul dogters saam grootgemaak.

In Augustus 2008 het die koningin die hertogin genooi om ’n naweek saam met haar in Balmoral-kasteel in Skotland deur te bring om prinses Beatrice se verjaardag te vier. Dit is beskou as ’n deurbraak in die verhouding tussen die hertogin en die koninklike familie.

Nadat Prins Andrew in 2025 sy titel verloor her, verloor sy ook haar titel.

Boeke duimnael|regs|250px|Sarah en haar dogters in 2004. Budgie the Little Helicopter-boeke en geanimeerde TV-programme vir kinders: 1989, Budgie the Little HelicopterAmazon.com: Budgie, the Little Helicopter: HRH Duchess of York Sarah: Books 1989, Budgie at Bendick's PointAmazon.com: Budgie at Bendick's Point: Sarah Ferguson: Books 1991, Budgie and the BlizzardAmazon.com: Budgie and the Blizzard: Sarah Mountbatten-Windsor York, John Richardson, Duchess of York: Books 1992, The Adventures of BudgieAmazon.com: The Adventures of Budgie: Sarah Ferguson, H.R.H. The Duchess of York, John Richardson: Books 1993, Budgie Goes to SeaAmazon.com: Budgie Goes to Sea: Sarah, Duchess of York: Books 1996, Budgie's Book of ColorsAmazon.com: Budgie's Book of Colors (Budgie the Little Helicopter): Sarah Ferguson: Books 1996, Budgie and Pippa Count to Ten!Amazon.com: Budgie and Pippa Count to Ten! (Budgie the Little Helicopter): Sarah Ferguson: Books 1995, Travels with Queen VictoriaAmazon.com: Travels With Queen Victoria: Sarah Mountbatten-Windsor, Duchess of York, Benita Stoney: Books 1996, My Story (outobiografie)Amazon.com: My Story: Sarah The Duchess of York Ferguson: Books Vir jong meisies: 1997, The Royal SwitchAmazon.com: Royal Switch: Duchess Of York: Books 1997, Bright LightsAmazon.com: Bright Lights: Duchess Of York: Books Leefstylboeke met Weight Watchers: 1998, Dining with The DuchessAmazon.com: Dining with the Duchess: Making Everyday Meals a Special Occasion: Sarah The Duchess of York Ferguson, Weight Watchers: Books 1999, Dieting with The DuchessAmazon.com: Dieting With the Duchess : Secrets and Sensible Advice for a Great Body: Sarah The Duchess of York Ferguson, Weight Watchers: Books 2000, Win the Weight GameAmazon.com: Win The Weight Game: Successful Strategies For Living Well: Sarah The Duchess of York Ferguson: Books 2001, Reinventing YourselfAmazon.com: Reinventing Yourself with the Duchess of York: Inspiring Stories and Strategies for Changing Your Weight and Your Life: Inc. Staff Sarah the Duchess of York; Weight Watchers International: Books 2002, Energy BreakthroughAmazon.com: Energy Breakthrough: Jump-start Your Weight Loss and Feel Great: Sarah The Duchess of York Ferguson: Books 2003, What I Know Now: Simple Lessons Learned the Hard WayAmazon.com: What I Know Now: Simple Lessons Learned the Hard Way: Sarah Ferguson Duchess of York: Books 2003, Reflections. ’n Versameling foto's deur die hertogin. 2003, Little RedAmazon.com: Little Red: Sarah The Duchess of York Ferguson, Sam Williams: Books 2004, Little Red’s Christmas StoryAmazon.com: Little Red's Christmas Story (Little Red): Sarah The Duchess of York Ferguson, Sam Williams: Books 2006, Little Red’s Summer AdventureAmazon.com: Little Red's Summer Adventure (Little Red): Sarah The Duchess of York Ferguson, Sam Williams: Books

Verwysings

Skakels Die Sarah Ferguson-stigting SarahFerguson.com (amptelike webtuiste) Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Sarah, Duchess of York

Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Huis van Windsor Kategorie:Lewende mense