Botanybaai is 'n baai in Sydney, Nieu-Suid-Wallis in die suidooste van Australië 'n paar kilometer suid van Sydney se sentrale sakekern.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die Cooksrivier en die Georgesrivier is twee groot vertakkinge wat die baai binnevloei. Twee aanloopbane van Sydney-lughawe is in die baai gebou.
Botanybaai was die plek waar James Cook die baai vanaf sy skip die HMS Endeavour vir die eerste keer op die kontinent van Australië aan land gegaan het, na hy Nieu-Seeland verken het. Die Britte het later beplan om Botanybaai as 'n strafkolonie te gebruik. Hierdie planne het gelei tot die eerste Europese nedersetting in Australië by Sydney Cove.
Inboorlinggeskiedenis duimnael|links|Beeld van Sydney geneem deur NASA se RS-satelliet. Botanybaai is die groot inham regs onder.
Argeologiese opgrawings langs die kus van Botanybaai het bewyse gelewer van inboorling nedersetting van meer as 5 000 jaar gelede. Die inboorlinge van Sydney het bekend gestaan as die Eora wat onderverdeel is in subgroepe volgens die tale wat hulle gepraat het. Die mense wat tussen die Cooks-rivier en die Georgesrivier gewoon het is die Bidgigal genoem. Op die suidelike kus van die baai is die inboorlinge die Gweagal genoem.Pictorial Memories ST. GEORGE: Rockdale, Kogarah, Hurstville Joan Lawrence, Kingsclear Books, 1996, Gepubliseer in Australië , bl 3 Op die noordelike strand het die inboorlinge as die Kameygal bekend gestaan.
Europese nedersettings James Cook se landing duimnael|links|upright|Monument te Botanybaai wat die tweehonderdjarige bestaansjaar gedenk
James Cook se landing was die begin van Brittanje se belangstelling en uiteindelike kolonisering van Australië.http://www.slq.qld.gov.au/about/coll/maps/hist/aus/bb Captain Cook se kaart van Botanybaai Aanvanklik het Cook die naam Sting Ray Harbour gebruik. Die naam is ook so op ander kaarte van die tydperk aangeteken.Captain Cook's Journal During the First Voyage Round the World, Projek Gutenberg, dokument nommer 8106, redakteur W. J. L. Wharton se voetnota 6 Mei 1770. Cook het later die naam verander na "Botany Bay" vanweë die vele plante wat Joseph Banks en Daniel Solander daar versamel het.Ray Parkin, H. M. Bark Endeavour, Miegunyah Press, tweede uitgawe 2003, , bladsy 203. Die naam "Botanist Bay" is ook aanvanklik gebruik.
Aankoms van die Eerste Vloot Goewerneur Arthur Phillip het die baai in 1788 binnegevaar met die Eerste Vloot en begin om die strafkolonie daar te beplan. Hulle het egter bevind dat die grond sanderig en onvrugbaar was en nie geskik was vir die stigting van 'n nedersetting wat van landbou afhanklik sou wees nie. Phillip het toe besluit om die kolonie te verskuif na Port Jackson in die noorde. Op 26 Januarie, toe die Eerste Vloot begin het om uit die baai te vaar, het 'n Franse verkenningsekspedisie onder leiding van Jean-François de La Pérouse Botanybaai binnegevaar. Op 26 Januarie 1788 is die Britse vlag op land gehys. Die goeie voorraad varswater in die gebied het bygedra tot 'n bestendige bevolkingsgroei in die 19de eeu.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Baaie van Australië Kategorie:Seë van Oseanië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan Kategorie:Sydney