Oxalis stictocheila is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Darling tot by Yzerfontein voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 19 km² en het bestaan uit twee tot vyf subpopulasies. Die spesie het egter reeds 90% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing soos koring en weiding. Die oorblywende plante word bedreig deur indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

stictocheila Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika