Konon (Oudgrieks: Κόνων, gen.: Κόνωνος) was 'n Griekse taalkundige en mitograafMalcolm Brown (2004). The Narratives of Konon: Text, Translation and Commentary on the Diegeseis. in die tyd van Augustus (wat tussen 63 v.C. – 14 n.C. geleef het) se bewind en die skrywer van 'n werk getiteld ("Verhale"), gerig aan Archelaus Philopator, koning van Kappadosië. Dit was 'n versameling van vyftig verhale wat verband hou met die mitiese en heroïese tydperk, met die klem op die stigting van kolonies.
'n Epitoom van die werk het behoue gebly in die Bibliotheca van Fotios I van Konstantinopel, die 9de eeuse patriarg van Konstantinopel.Fotios I van Konstantinopel, Bibliotheca, Codex 186. Vertaal deur Brady Kiesling. Fotios prys Konon se Attiese styl, en merk op dat Nicolaus Damascenus baie by hom geleer het.Photius, Bibliotheca, Cod. 189. Daar bestaan aparte uitgawes van dié samevatting deur Thomas Gale,Histor. Poet. Script, p. 241, &c., Parys, 1675Ludwig Heinrich TeucherLips. 1794 en 1802. en Johann Arnold Kanne.Göttingen 1798.
Dion ChrysostomOr. xviii. torn. i. p. 480. maak melding van 'n gelyknamige retorikus, wat moontlik dieselfde persoon kan wees.
Verwysings
Bronnelys Conon, Fifty Narrations Engelse vertaling deur Brady Kiesling Die Griekse teks en die vertaling daarvan in Frans deur Abbé GEDOYN
Eksterne skakels Engelse vertaling van Konon se Verhale deur John Brady Kiesling vir ToposText
Kategorie:Ou Griekse skrywers